Leesplan inligting

Man van GodVoorbeeld

Man Of God

DAG 1 VAN 9

Die "Ideale" Man


Nie lank gelede nie, sit 'n gefrustreerde, enkellopende, vroulike lidmaat, na aan trane, in my kantoor. Nadat sy my kortliks die rede vir haar besoek meegedeel het, het ek besef dat haar toekomstige geluk afhang van 'n huwelik — en dat dit so gou as moontlik moes gebeur.  


Nadat ek geluister het na die redes vir haar gevoelens, het ek haar gevra: "Watter soort man soek jy?" Dertig minute later het sy haar beskrywing van die soort man wat slegs in sommige dames se verbeelding bestaan, afgesluit. Sedertdien het ek al baie vrouens dieselfde vraag gevra, en soortgelyke antwoorde gekry. Party sien die ideale man as 'n sterk, gesonde, goed-geklede, aantreklike, agressiewe, suksesvolle, betroubare en verantwoordelike sakeman. Ander droom weer van iemand wat avontuurlustig, opwindend, romanties en kunstig is. Maak nie saak hoe hulle hom voorstel nie, hy stel belang in alles en vaar goed in die meeste daarvan. Hy het net een vrou lief, maar is sjarmant met alle vrouens. Hy is 'n goeie luisteraar wat sy gevoelens goed hanteer. En om alles te kroon is hy 'n super-geestelike leier in sy lewe en tuis.


Het jy al ooit iemand ontmoet wat aan dié beskrywig voldoen? Indien nie, moenie bekommerd wees nie … niemand het nog ooit nie.


Hierdie ontmoeting het my genoop om dieper te soek in God se Woord om die vraag te beantwoord wat ek myself afgevra het: Wie is die "ideale" man? Oor watter karaktereienskappe beskik hy? Eerstens: Die ideale man is glad nie perfek nie. Hy is eerder een wat streef na volwassenheid, wat dinge bestudeer. Maar bo alles is hy 'n man wat met sy hele hart, siel, verstand en krag na die Vader soek. (Markus 12:30) Hy het nog nie sy doel bereik nie, maar streef daarna om die man te word wat sy vrou verlang en die pa wat sy kinders nodig het. Hy is 'n man wat op die mees opwindende reis van sy lewe is. Hy leer hoe om 'n gebalanseerde, Christus-gesentreerde man te wees - die volkome man wat God hom geskape het om te wees. 


In die oordenkings wat volg, sal ek die sewe karaktereienskappe van die volkome, geestelike man beskryf. Sodra jy dié karaktereienskappe verstaan en toepas in jou lewe, sal dit jou in staat stel om die man van God, eggenoot en vader te word wat jy nog altyd bedoel was om te wees. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Man Of God

Jy hoef nie die "perfekte" of "ideale" man te wees om 'n man van God te wees nie. Die volgende oordenkings deur Dr. Charles Stanley, beskryf die sewe karaktereienskappe van die geestelike man. Deur dié karaktereienskappe...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/manofgod vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid