Leesplan inligting

God Se Plan Vir Jou LeweVoorbeeld

God’s Plan For Your Life

DAG 4 VAN 6

Die drie ongeskrewe reëls van planne. 



Stel jou dit voor: jy koop ‘n splinternuwe hemp wat jy graag skool toe wil aantrek, want jy weet dit gaan beslis daai oulike ou of meisie se oog vang. Jy beplan jou uitrusting om seker te maak dat alles perfek pas. Dan, tydens middagete, gebeur die tragedie: jy mors koffie oor jou hele hemp — net wanneer die persoon waarop jy al 'n ewigheid lank 'n ogie het, na jou tafel aangestap kom.



Soms gebeur dinge nie soos jy dit beplan het nie.



In die Bybel is daar ‘n verhaal van ‘n man met die naam Gideon. Hy het nie net uit die nietigste familie in die stam van Manasse gekom nie, maar hy het ook die minste aansien in sy gesin gehad. Hy was beslis ‘n onwaarskynlike persoon vir God om te kies. God lei egter vir Gideon in ‘n geveg teen 38 000 manne van die Midianiete, ‘n vyandige stam. Dan sê God vir Gideon dat hy te veel manne het. As hulle die Midianiete oorwin, sal dit lyk asof hulle dit op hul eie gedoen het. Gideon stuur toe 20 000 manne terug huis toe. God sê egter dit is nog te veel en uiteindelik bly net 300 manne oor. Die Here gee toe vir Gideon en die Israeliete oorwinning oor die Midianiete, met slegs daardie 300 soldate — dit was sekerlik nie Gideon se oorspronklike plan nie.



Wanneer ons oor die toekoms dink, en wat God vir ons beplan, is dit belangrik om te onthou dat dinge nie altyd volgens ons planne sal verloop nie. 



Trouens, daar is drie ongeskrewe reëls wat jy behoort te volg: 



1.) Beplan om van voor af te begin. Die lewe is ‘n reeks van “weer-begin” oomblikke. Sodra jy klaar is met die laerskool, is dit tyd om met hoërskool te begin. Net sodra jy die hoërskool onder die knie het, is dit tyd om voor te berei vir universiteit of kollege en om ‘n grootmens te wees. Om die waarheid te sê, dit hou nooit op nie. Leer dus om weer van voor af te begin. Gee jou daaraan oor wanneer planne verander. Jy weet nie wat God nog vir jou beplan nie. Aanvaar die seisoen waarin jy jouself nou bevind.



2.) Beplan om nee te sê. Soms moet ons “nee” sê vir goeie dinge, sodat ons “ja” kan sê vir beter dinge. Ons kan nie alles doen nie. Bid om wysheid sodat jy kan weet waarin jy jou tyd moet belê om die grootste impak in God se koninkryk te maak.



3.) Beplan om kreatief te wees. God se planne neem ons soms op paaie wat ons nie verwag nie. Vir Gideon het dit beteken dat hy moes gebruik wat hy gehad het — kleipotte met fakkels, in plaas van gewone oorlogswapens. Gebruik vandag die talente wat God vir jou gegee het. Moenie jou steur aan wat ander mense het nie. Erken dat dit wat God vir jou gegee het, met sy hulp, verder sal gaan as wat jy ooit kan droom. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

God’s Plan For Your Life

Wat is God se plan vir jou lewe? Dit is een van die mees algemene vrae wat ons almal as volgelinge van Christus het. Maar as ons eerlik is, kan die idee van God se plan vir ons lewens 'n bietjie oorweldigend wees. Tydens...

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid