Leesplan inligting

AsemhalingsruimteVoorbeeld

Asemhalingsruimte

DAG 5 VAN 5

Ek erken dit: Ek is ’n tevredesteller van mense. (Jy ook?) Ek het egter tot die besef gekom dat daar iets onvolledig is omtrent daardie titel. Om ’n tevredesteller van mense te wees beteken ook dat ek ’n teleursteller van mense is. Deur laat te werk om jou baas tevrede te stel beteken ’n teleurstelling van jou vriendin deur die gimnasiumsessie mis te loop. Deur by die boekklub aan te sluit om jou vriende tevrede te stel beteken dat jy jou huweliksmaat gaan teleurstel omdat jy die familie-ete misloop. Sien? Elke ja om iemand tevrede te stel is ook ’n nee wat iemand anders sal teleurstel.

As jy soos ek is, betaal jy vir hierdie tevredestelling van mense deur jou asemhalingsruimte op te gee deurdat jy by alles probeer uitkom. Ek sal aandete by die huis eet en eerder ’n paar minute laat kom by die boekklub!

Soos wat ons begin saamvat m.b.t. asemhalingsruimte, wil ek ’n Ou-Testamentiese storie met jou deel – spesifiek een vers – wat een hele seisoen van my lewe verander het. Honderde jare voor Jesus, was die stad Jerusalem oorgeneem en tot ’n groot mate vernietig. Die herbou van die mure was ’n dringende saak, en Nehemia was die man wat die projek gelei het. Een dag, het hy ’n uitnodiging gekry, en sy reaksie het ’n definiërende vers vir my geword. Nehemia het gesê: “Ek is besig met ’n groot werk. Ek kan nie kom nie. Hoekom moet die werk stilstaan terwyl ek dit laat lê om na julle toe te kom?”

Die eerste keer wat ek hierdie vers gehoor het, het ek drie kinders by die huis gehad, ek het die oudste tuis onderrig, en my man was besig om ’n kerk te plant. Ons het zero asemhalingsruimte gehad. En tog was dit so moeilik vir my om uitnodigings en geleenthede van die hand te wys.

Wat ek in Nehemia se opmerking gevind het, was die toestemming om te prioritiseer rondom die belangrikste mense in my lewe. Om ’n ma te wees was my “groot taak”. Ek kon nie kom om by daardie komitee in te val of om as spreker by daardie vrouegeleentheid op te tree nie. Deur ja te sê vir hierdie dinge sou beteken het om nee te sê vir die “groot werk” van my familie.

Dames, ons kan onsself, ons tyd, ons geld en ons asemhalingsruimte weggee totdat daar niks meer as oorskiet oor is vir diegene wat ons die liefste het. In stede daarvan, laat ons ons asemhalingsruimte terugbring deur vir ons geliefdes die eerste en beste tyd te gee. En aan almal anders kan ons eenvoudig antwoord: “Ek is besig met ’n groot werk. Ek kan nie kom nie.”

As jy hierdie leesplan geniet het, kyk na die vier-delige videostudie waaruit dit geneem is deur die gratis Breathing Room Devotional-applikasie af te laai.

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Asemhalingsruimte

Voel jy ooit dat jy niks geniet nie, want jy probeer alles doen? 'Multitask' jy jou pad deur die lewe met jou geliefdes? Jy is doelgerig. Maar jy is uitgeput. Jy benodig net 'n bietjie spasie. Met 'n verrassend eenvoudig...

More

Ons wil graag North Point Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://breathingroom.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid