Leesplan inligting

Gebroke Kryte Kleur Steeds InVoorbeeld

Broken Crayons Still Color

DAG 1 VAN 5

Onlangs, terwyl ek my niggies in Florida besoek het, het ek op die vloer gaan sit om saam met hulle in te kleur. Hulle is lief vir Disney prinsesse so ons was besig om 'n prentjie van Aspoestertjie in te kleur.



Toe ons die blik met kryte oopmaak, begroet 'n ontploffing van kleur ons.



Dit was goed verweerde kryte wat alreeds gebruik was om dosyne prentjies in te kleur. 



Ek het 'n gebroke en verweerde groen kryt gekies.



In ons weggooi samelewing, sou dit maklik wees om te dink dat die nut van die kryt verby was, dat dit nodig was om dit met 'n splinternuwe kryt te vervang.



Nadat ek egter met die gebroke verslete kryt begin inkleur het, het my niggies na my gekyk en my vertel dat my kleurbladsy pragtig was.



Want, jy sien, gebroke kryte kleur steeds.



Net soos daardie gebroke, verweerde kryt kan ons ook nutteloos voel teenoor God as gevolg van die foute wat ons gemaak het of die dinge wat aan ons gedoen is in die verlede.



Ons voel gebroke en lelik en nutteloos.



Ons dink God sal eerder iemand anders wil gebruik om sy werk te doen. Iemand met minder gebrokenheid en bagasie. Iemand wat alles in beheer het.



Die waarheid is, ons het almal gebrokenheid in ons lewens. Baie keer vergelyk ons ons foute lysie met iemand anders se hoogtepunt lysie.



Die waarheid is dat niemand 'n perfekte lewe het nie.



Net soos met daardie gebroke kryt, is God altyd in staat om ons gebrokenheid te gebruik om iets mooi te maak.



'n Meesterstuk.



Dikwels word die dinge wat ons sien as ons grootste foute en mislukkings die dinge wat God die meeste gebruik.



Die vyand in ons gedagtes vertel ons egter dikwels dat ons waardeloos is en nie langer nuttig is vir God se koninkryk nie.



Ons besef nie dat God ons gebrokenheid gebruik om iets mooier te maak as wat ons ons ooit kon indink nie.



Gebed: 



Here, dankie dat U nooit iets mors wat in ons lewe gebeur nie. Ek dank U dat U my gebrokenheid kan verander in iets mooi selfs wanneer ek dit nie kan sien nie. Help my om my hart oop te maak vir U en toe te laat dat U genesing en vryheid bring. Ek is lief vir U. In die Naam van Jesus. Amen.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Broken Crayons Still Color

Dikwels gebeur dit dat die dinge wat ons sien as ons grootste berou, mislukkings en foute, die dinge word wat God die meeste gebruik in ons lewens. God herskep ons gebrokenheid in iets mooier as wat ons ons ooit kon verb...

More

Ons wil graag dankie sê vir Body and Soul Publishing LLC wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://brokencrayonsbook.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid