Leesplan inligting

Om Lief Te Hê Asof Jy Nog Nooit Seergekry Het Nie - Deur Jentezen FranklinVoorbeeld

Love Like You've Never Been Hurt By Jentezen Franklin

DAG 3 VAN 7

Dag Drie


Telling Hou, Teenoor Telling Verloor


Skriflesing:  Matteus 18:21-22


Een van die kragtigste lesse wat Jesus mense geleer het, was oor vergifnis. Dit was omdat Petrus vir Jesus genader en gevra het: "Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen? Selfs sewe keer?"


Ek het so 'n vae vermoede dat Petrus iemand in gedagte gehad het wat hy reeds ses keer vergewe het. Hy was waarskynlik reg om daardie persoon af te skryf. Of dit so was of nie, hy was op soek na die regte formule.


Jesus sê toe: "Ek sê vir jou, nie sewe keer nie, maar selfs sewentig maal sewe keer."


Ek is nou nie juis goed met wiskunde nie, maar ek kan hierdie som uitwerk. Die antwoord is 490. Soos ek dit verstaan, beteken dit ons moet dieselfde persoon 490 keer per dag vergewe. Dit is sowaar baie vergifnis om te doen. Teen 'n koers van een daad van vergifnis ongeveer elke drie minute, kan jy waarskynlik 'n hele dag daaraan wy om iemand te vergewe!


Dit gaan egter nie oor getalle nie. Jesus het vir ons 'n nuwe wiskundige formule gegee, 'n nuwe stel waarhede om 'n gesindheid van vergifnis te kweek. Die eerste waarheid is: Vergifnis gaan nie daaroor om telling te hou nie. Dit gaan eerder daaroor om telling te verloor.


Ons sal almal op een of ander manier seerkry. Jou huweliksmaat sal jou teleurstel. Iemand mag dalk oor jou huwelik skinder. Iemand mag jou geld steel. Iemand mag jou man steel. Iemand mag jou gemolesteer het. Iemand mag jou kind skade aangedoen het.


Al is seerkry 'n realiteit, is om bitter te word en te bly, 'n reaksie. Ons moet 'n lewenswyse van voortdurende vergifnis lei. Dit gaan nie oor die nakom van 'n wiskundige formule se vereistes nie. Ons moet vergewe. Altyd.


Die Groot Gedagte:  Hou op om telling te hou en begin eerder om telling te verloor.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Love Like You've Never Been Hurt By Jentezen Franklin

Dit is geen geheim dat hulle wat die naaste aan ons is ons ook die diepste kan seermaak nie. Terwyl ons woedend is oor die verraad, bou ons mure om ons harte om ons teen sulke hartseer te beskerm. Tog is dit juis hierdie...

More

Ons wil graag dankie sê vir Baker Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://book.jentezenfranklin.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid