Leesplan inligting

Geloof en Teologie: Dr. John MacArthur Vrae & AntwoordeVoorbeeld

Faith and Theology: Dr. John MacArthur Q&A

DAG 1 VAN 21

Moet ek verwag om vir my geloof vervolg te word?



In Matteus 10:32, maak Jesus die wonderlike belofte: "Elkeen wat hom voor die mense openlik vir My uitspreek, vir hom sal Ek My ook openlik uitspreek voor my Vader wat in die hemel is" (sien ook 2 Timoteus 2:10-13). Daarteenoor beskryf Hy die sielsverdoemende ontkenning van Christus van hulle wat deur vrees, skande, verwaarlosing of liefde vir die wêreld, alle bewyse en openbaring verwerp en weier om Christus as Verlosser en Koning te bely.



Die uiteinde van die evangelie is vrede met God (Johannes 14:27, Romeine 8:6), tog kom daar dikwels 'n skynbare teenstrydigheid in die evangelie voor (Matteus 10:34). Om Christus te aanvaar kan op gespanne gesinsverhoudinge uitloop (verse 35-36), ook vervolging en selfs marteling. Om Christus te volg, veronderstel 'n gewilligheid om swaarkry te verduur (verse 32-33, 37-39). Alhoewel Hy die Vredevors genoem word (Jesaja 9:6), laat Christus niemand onder enige wanindruk om te dink dat Hy gelowiges tot 'n lewe vry van alle konflik roep nie.



Wanneer Jesus byvoeg dat 'n dissipel sy "kruis opneem en My volg" (vers 38), is dit die eerste keer wat Hy die woord "kruis" teenoor sy dissipels noem. Dit sou by hulle 'n beeld van 'n geweldadige en vernederende dood opgeroep het. Hy het algehele toewyding van hulle geëis — selfs tot die fisieke dood — en maak dus hierdie roeping om algehele oorgawe, 'n deel van die boodskap wat hulle aan ander moes verkondig. Vir dié wat met selfverloënende geloof na Christus kom, sal daar 'n ware en ewige lewe wag (vers 39).


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Faith and Theology: Dr. John MacArthur Q&A

Dr John MacArthur beantwoord vra oor geloof, teologie en leerstellings. Elke dag se leeswerk sluit ook bykomende verse in om te bestudeer om 'n dieper insig in die dag se onderwerp te kry.

Baie dankie aan John MacArthur en Thomas Nelson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bibl.es/MacarthurBible21dayYV

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid