JOB 16:12-14
JOB 16:12-14 Bybel vir almal (ABA)
Dit het goed gegaan met my, maar God het my gebreek. Hy het my aan my nek gegryp en op die grond gegooi. Hy het sy pyle na my toe geskiet. Sy pyle vlieg na my toe, dit sny my niere stukkend, Hy hou aan om my gal op die grond uit te gooi. Hy val my aan en Hy breek my soos wanneer vyande 'n stad se muur afbreek, hulle breek die een stuk af ná die ander stuk.
JOB 16:12-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek het rustig gelewe; toe het Hy my verbrysel en my aan die nek gegryp en my verpletter; en Hy het my vir Hom as teiken opgestel. Sy pyle gons om my heen; Hy splits my niere sonder verskoning; Hy werp my gal op die grond uit. Bres op bres breek Hy in my; Hy loop my storm soos 'n held.
JOB 16:12-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het rustig gelewe, toe versteur God my rus, Hy het my aan die nek beetgepak en my vergruis. Hy het van my 'n teiken gemaak: sy pyle tref my hele liggaam, meedoënloos deurboor Hy my niere en my gal loop uit op die grond. Wond op wond dien Hy my toe, soos 'n soldaat storm Hy op my af.
JOB 16:12-14 Die Boodskap (DB)
Ek het rustig my eie gang gegaan, maar Hy het dit kom verbreek. Hy het my aan my nek gegryp en my neergegooi. Dit het vir my gevoel ek breek in stukkies. Toe het Hy my gevat en my sy teiken gemaak. Dit was of sy pyle oral by my verbygevlieg het. Die pyle het my niere deurboor en my gal het op die grond uitgeloop. Hy het niks vir my gevoel nie. Hy het my aanhoudend gewond en op my afgestorm soos ’n soldaat wat ’n vyand aanval.
JOB 16:12-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek het rustig geleef, maar toe breek Hy my lewe in stukke. Hy het my aan die nek gegryp en my aan stukke geslaan. Ek het sy teiken geword. Sy boogskutters omring my en sy pyle deurboor my sonder genade. Die grond is deurweek met my bloed. Weer en weer slaan Hy my. Hy storm af op my soos ’n soldaat op sy prooi.