1 KORINTIËRS 15:25-26
1 KORINTIËRS 15:25-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Want Christus moet aan bewind bly totdat Hy alle vyande finaal verslaan en aan Hom onderdanig gemaak het. Die laaste van hierdie vyande wat vernietig moet word, is die dood.
1 KORINTIËRS 15:25-26 Bybel vir almal (ABA)
Want Christus moet regeer. Hy sal regeer totdat God Hom laat wen het teen al sy vyande. Die laaste vyand wat oorbly, is die dood. Maar Christus sal die dood ook oorwin.
1 KORINTIËRS 15:25-26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.