1 KORINTIËRS 15:10
1 KORINTIËRS 15:10 Bybel vir almal (ABA)
Maar God was genadig vir my, daarom is ek nou 'n apostel. Ja, God was genadig vir my, ek het daarna harder gewerk as al die ander apostels. Maar dit is nie ék wat so goed was nie, dit was Gód wat so genadig was vir my en wat altyd saam met my was.
1 KORINTIËRS 15:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar deur die genade van God is ek wat ek is, en sy genade aan my was nie tevergeefs nie; maar ek het oorvloediger gearbei as hulle almal; nogtans nie ek nie, maar die genade van God wat met my is.
1 KORINTIËRS 15:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar deur die genade van God is ek wat ek is. Sy genade aan my was nie tevergeefs nie; inteendeel, ek het harder gewerk as hulle almal; eintlik was dit nie ek nie, maar die genade van God wat by my is.
1 KORINTIËRS 15:10 Die Boodskap (DB)
Maar God was wonderlik goed vir my, wat ek natuurlik geensins verdien het nie. Hy het my gemaak wat ek nou is. Hierdie goedheid van God was nie alles vir niks nie. Ek het harder en meer vir die Here gewerk as enige ander een. Dit was nie ek wat so goed was nie, maar die Here wat so goed vir my was. Hy het deur my gewerk.