Psalms 121

121
1'n •Pelgrimslied.
Ek kyk op na die berge:
Waar sal my hulp vandaan kom?
2My hulp is van die Here,
wat hemel en aarde gemaak het.
3Hy sal nie toelaat dat jou voet
struikel nie;
jou Beskermer sal nie insluimer nie.
4Kyk, die Beskermer van Israel
sluimer nie in nie en Hy slaap nie.
5Die Here is jou Beskermer;
die Here is jou skaduwee
aan jou regterhand.
6Bedags sal die son jou nie skaad nie,
en snags ook nie die maan nie.
7Die Here sal jou beskerm
teen elke onheil;
Hy sal jou lewe beskerm.
8Die Here sal jou uitgaan
en jou terugkeer beskerm
van nou af en vir altyd.

Tans Gekies:

Psalms 121: AFR20

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid