RAAK STIL:
Lees die teksgedeelte van die dag stadig ’n paar keer met verwagting deur. Watter woorde of frases staan vir jou uit?
NADINK: Dink na oor die volgende vrae:
1. Wat sê die gedeelte (of maak dit gedagtes in jou los) oor God?
2. Wat sê dit oor die mens (jouself of vir julle as gesin)?
3. Wat sê die Here spesifiek vir jou /julle, en wat moet jy/julle anders gaan doen?
GEBED: Sê wat in jou leef, vra Hom om jou te help.