Invloed Kerk
Ingroepe | Die Onverwagse Onderbreking | Moedersdag
Onderbrekings is iets wat almal al te goed ken. Dis breek jou spoed, krap jou soms om en gooi dalk jou planne omver. Wat as God se beste wonderwerke gebeur d.m.v onderbrekings?
Locations & Times
Expand
  • Invloed Kerk
    1 Alibama St, West Acres, Mbombela, 1211, South Africa
    Wednesday 6:00 PM
Deel met die groep watter onderbrekings sukkel jy om goed te hanteer?

Stem jy saam met die stelling “Die Here wil jou lewe kom onderbreek”?
Neem die vrymoedigheid om dit wat vir jou uitgestaan het te deel.

“Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die allerhoogste sal jou toevou” (Lukas 1:34-35)

Deel ‘n storie uit jou lewe oor hoe God Sy krag jou toegevou het in ‘n tyd van onderbrekings.
Neem die vrymoediigheid om dit wat vir jou uitgestaan het te deel.

Dink jy dit sou vir Jesus moontlik gewees het om deur God gebruik te word as Hy nie reg gereageer het tydens onderbrekings nie?

Wat dink jy kan jy doen om anders te reageer in jou onderbrekings met die oog dat God jouk an gebruik in die oomblik?

Lig een area waarin jy onderbreek word en bid vir mekaar.