YouVersion Logo
Search Icon

PREDIKER 5

5
1Moenie te gou praat nie,
moenie oorhaastig 'n belofte aan God maak nie,
want Hy is in die hemel en jy op die aarde.
Laat jou woorde daarom min wees.
2Baie doenigheid bring drome,
baie praat lei tot onverstandige woorde.
3As jy aan God 'n gelofte gedoen het, moet jy nie versuim om dit te betaal nie. Hy hou nie van ligsinnige mense nie. Wat jy beloof het, moet jy betaal. 4Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie. 5Moenie dat jou mond jou laat sondig sodat jy vir 'n priester moet sê: “Ek het my vergis” nie. Waarom sal jy God laat kwaad word oor wat jy gesê het en Hom jou handewerk laat vernietig? 6Daar is baie drome, baie wat tot niks kom nie, ook baie woorde. Maar dien jy vir God!
'n Bitter swaar ding
7As jy sien die armes word verdruk en daar is geen reg en geregtigheid in 'n gebied nie, moet jy jou nie daaroor verbaas nie: elkeen met gesag word beskerm deur 'n hoër gesag, en almal saam deur 'n hoogste gesag. 8Maar dit is tot voordeel van 'n land in sy geheel dat almal aan die koning onderdanig is.
9Die mens vir wie geld alles is, het nooit genoeg geld nie; die mens vir wie rykdom alles is, kry nooit genoeg in nie.
Ook hier kom dit tot niks. 10As die goeie dinge van die lewe baie word, word die eters ook baie; al wat die eienaar daaraan het, is om dit te aanskou. 11Die slaap van die arbeider is soet, of hy min eet of baie, maar die oorvloed van die ryke laat hom onrustig slaap.
12Ek het in hierdie wêreld 'n bitter swaar ding gesien: dat 'n man rykdom opgaar en dit vir hom ellende bring. 13Hy doen verkeerd sake en verloor die rykdom. Hy het intussen die vader van 'n seun geword en dié kry dan niks nie. 14Self gaan hy kaal uit die wêreld uit soos hy daarin gekom het. Hy kan niks met hom saamneem vir al sy inspanning nie. 15Ook dit is 'n bitter swaar ding: presies soos hy gekom het, so gaan hy. Wat help dit dat hy hom vir wind afgesloof het? 16Hy slyt die res van sy lewe in die donker, in smart, ellende en bitterheid.
'n Gawe van God
17Ek het ook iets gesien wat goed is: dit is aangenaam om te eet en te drink en die lewe te geniet onder al die geswoeg op hierdie wêreld. Dit kom 'n mens toe vir die hele leeftyd wat God hom skenk. 18God gee aan 'n mens rykdom en besittings en laat hom dit geniet. God laat die mens sy deel ontvang en sy werk met vreugde doen. Dit is 'n gawe van God. 19So 'n mens dink skaars na oor wat in sy lewe gebeur, so vol is hy van die blydskap wat God gee.

Currently Selected:

PREDIKER 5: AFR83

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy