'n Psalm. Van Dawid. Die HERE is my herder; ek ly nie gebrek nie. In groen weivelde laat Hy my rus; na water waar daar rusplek is, lei Hy my. Hy gee my nuwe lewenskrag; Hy lei my op die regte paaie ter wille van sy Naam. Selfs as ek in die donkerste kloof ingaan, is ek nie bang vir gevaar nie, want U is by my. Dit is u staf en u stok wat my gerusstel. U dek vir my 'n tafel voor die oë van my teenstanders. U verfris my kop met olie; my beker loop oor. Net goedheid en troue liefde sal my volg al die dae van my lewe, en ek sal terugkeer na die huis van die HERE, tot in lengte van dae.
Read Psalms 23
Share
Compare All Versions: Psalms 23:1-6
Save verses, read offline, watch teaching clips, and more!
YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy
Home
Bible
Plans
Videos