Hulle het bly volhard in die leer van die •apostels, die verbondenheid met mekaar, die breek van die brood, en gebede. Almal is met ontsag vervul en baie wonders en tekens het deur die apostels plaasgevind. Al die gelowiges was bymekaar en het alles gemeenskaplik besit. Hulle het hulle eiendom en besittings verkoop en aan almal uitgedeel volgens elkeen se behoefte. Hulle het eensgesind volhard om die tempelterrein daagliks te besoek, aan huis die brood te breek en hulle maaltye met uitbundige blydskap en met opregte harte te geniet. Hulle het God bly prys, en die hele volk was hulle goedgesind. En die Here het daagliks verlostes by hulle getal gevoeg.
Read Handelinge 2
Share
Compare All Versions: Handelinge 2:42-47
Save verses, read offline, watch teaching clips, and more!
YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy
Home
Bible
Plans
Videos