YouVersion Logo
Search Icon

JOHANNES 21:1-14

JOHANNES 21:1-14 NLV

Daarna het Jesus weer aan sy dissipels by die Meer van Tiberias verskyn. Dit het só gebeur. Die volgende dissipels was daar saam: Simon Petrus en Tomas (wat ook Didimus genoem is), Natanael van Kana in Galilea, die seuns van Sebedeus, en nog twee ander. Simon Petrus sê vir hulle: “Ek gaan visvang.” Hulle sê vir hom: “Ons gaan ook saam met jou.” Hulle het in die skuit gaan klim, en het daardie nag niks gevang nie. Net ná dagbreek het Jesus daar op die strand gestaan, maar sy dissipels was nie daarvan bewus dat dit Hý is nie. Hy vra toe vir hulle: “Kinders, het julle nie iets om te eet nie?” Hulle antwoord vir Jesus was net: “Nee.” Hy sê toe vir hulle: “Gooi die net aan die regterkant van die boot uit en julle sal vis kry.” Hulle het die net toe uitgegooi, en kon dit nie weer intrek nie as gevolg van die groot hoeveelheid vis. Die lieflingdissipel sê toe vir Petrus: “Dit is die Here!” Toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, het hy sy klere aangetrek, want hy was halfpad kaal, en hy het in die water gespring. Die ander dissipels het solank met die bootjie nadergekom, want hulle was nie ver van die land af nie, ongeveer 100 meter, en hulle het die net met visse land toe gesleep. Toe hulle aan land kom, sien hulle ’n vuurtjie met ’n vis wat daarop lê, en daar was ook brood. Jesus sê toe vir hulle: “Bring van die vis wat julle so pas gevang het.” Simon Petrus het in die boot geklim en die net aan land getrek. Dit was vol groot visse, 153 van hulle. Al was daar só baie, het die net nie geskeur nie. Jesus het hulle uitgenooi: “Kom kry ontbyt.” Nie een van sy dissipels het dit gewaag om Hom te vra: “Wie is U?” nie. Hulle het net geweet dat dit die Here is. Jesus het nadergekom, die brood geneem en aan hulle uitgedeel, net so ook die vis. Dit was reeds die derde keer dat Jesus aan sy dissipels verskyn het nadat Hy uit die dood opgewek is.

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy