1
DIE OPENBARING 22:13
Afrikaans 1983
Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde.
Compare
Explore DIE OPENBARING 22:13
2
DIE OPENBARING 22:12
Jesus sê toe weer: “Kyk, Ek kom gou! Ek bring die loon saam met My om elkeen te beloon vir wat hy gedoen het.
Explore DIE OPENBARING 22:12
3
DIE OPENBARING 22:17
Die Gees en die bruid sê: “Kom!” En elkeen wat dit hoor, moet sê: “Kom!” En elkeen wat dors het, moet kom; elkeen wat die water van die lewe wil hê, moet dit kom kry, verniet!
Explore DIE OPENBARING 22:17
4
DIE OPENBARING 22:14
“Geseënd is dié wat hulle klere was, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en deur die poorte in die stad kan ingaan.
Explore DIE OPENBARING 22:14
5
DIE OPENBARING 22:7
Jesus sê toe: “Kyk, Ek kom gou! Geseënd is elkeen wat die woorde van hierdie profetiese boek ter harte neem.”
Explore DIE OPENBARING 22:7
6
DIE OPENBARING 22:5
Daar sal nie meer nag wees nie. Die mense het nie die lig van 'n lamp en die lig van die son nodig nie, omdat die Here God hulle sal verlig, en hulle sal tot in alle ewigheid regeer.
Explore DIE OPENBARING 22:5
7
DIE OPENBARING 22:20-21
Hy wat dit alles getuig, sê: “Ja, Ek kom gou!” Amen! Kom, Here Jesus! Die genade van die Here Jesus sal by almal wees.
Explore DIE OPENBARING 22:20-21
8
DIE OPENBARING 22:18-19
Ek betuig aan almal wat die woorde van hierdie profetiese boek hoor: As iemand iets hieraan byvoeg, sal God vir hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is; en as iemand een van die woorde van hierdie profetiese boek wegneem, sal God sy deel aan die boom van die lewe en aan die heilige stad wegneem waarvan in hierdie boek geskrywe is.
Explore DIE OPENBARING 22:18-19
YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy
Home
Bible
Plans
Videos