Soekresultate vir: Spreuke 31:10

SPREUKE 31:10 (AFR83)

'n Knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene.

SPREUKE 31:14 (AFR83)

Sy is soos die handelskepe, sy bring die kos van ver af in.

SPREUKE 31:15 (AFR83)

Sy staan op as dit nog nag is en maak kos vir haar huisgesin; ook haar slavinne kry hulle deel.

SPREUKE 31:17 (AFR83)

Sy pak die werk aan met krag, haar hande staan vir niks verkeerd nie.

SPREUKE 31:11 (AFR83)

Haar man steun op haar en pluk die vrugte van haar werk.

SPREUKE 31:13 (AFR83)

Sy maak wol en vlas bymekaar en geniet dit om dit te verwerk.

SPREUKE 31:1 (AFR83)

Die woorde van koning Lemuel van Massa. Sy moeder het vir hom dié voorskrif gegee:

SPREUKE 31:12 (AFR83)

Sy bring vir hom net voordeel, nie nadeel nie, haar hele lewe lank.

SPREUKE 31:16 (AFR83)

Sy oorweeg die waarde van 'n stuk grond en koop dit, sy sit dit onder wingerd met geld wat sy self verdien het.

SPREUKE 31:18 (AFR83)

Sy stel vas of die wins goed is, haar lamp bly heelnag brand.

SPREUKE 31:19 (AFR83)

Sy werk met die spinwiel, haar hande bly besig met die weefstoel.

SPREUKE 31:28 (AFR83)

Haar kinders prys haar, haar man bewonder haar:

SPREUKE 31:9 (AFR83)

praat, en lewer regverdige uitsprake, laat reg geskied aan die armes en ellendiges.

SPREUKE 31:25 (AFR83)

Alles aan haar spreek van 'n sterk en edel persoonlikheid; sy ken geen kommer oor die toekoms nie.

SPREUKE 31:27 (AFR83)

Sy hou goeie toesig oor haar huishouding; lui is sy nie.

SPREUKE 31:22 (AFR83)

Sy maak self vir haar dekens en sy dra klere van linne en wol.

SPREUKE 31:24 (AFR83)

Sy maak klere en verkoop dit, sy lewer gordels aan die handelaars.

SPREUKE 31:26 (AFR83)

As sy praat, is dit met wysheid; as sy leiding gee, is dit met liefde.

SPREUKE 31:29 (AFR83)

“Daar is baie knap vrouens, maar jy oortref hulle almal!”

SPREUKE 31:31 (AFR83)

Gee haar wat haar toekom vir alles wat sy doen; laat haar werk haar roem wees in die stadspoorte.

SPREUKE 31:2 (AFR83)

My seun, my kind wat ek in die wêreld gebring het, oor wie ek 'n gelofte gedoen het,

SPREUKE 31:3 (AFR83)

moenie jou krag op vrouens vermors nie, moenie jou lewe verspil met hulle nie; hulle bring konings tot 'n val.

SPREUKE 31:4 (AFR83)

Dit pas konings nie om te drink nie, Lemuel, dit pas hulle nie, dit pas mense met gesag nie om hulle aan drank oor te gee nie.

SPREUKE 31:5 (AFR83)

As hulle drink, vergeet hulle wat die wet bepaal en laat hulle nie reg geskied aan al die minderbevoorregtes nie.

SPREUKE 31:6 (AFR83)

Gee drank aan dié wat besig is om onder te gaan, laat dié wat swaar ly, drink;

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid