Soekresultate vir: Psalms 34:4-5

PSALMS 34:4 (AFR83)

Sing saam met my oor die grootheid van die Here en laat ons saam sy Naam prys.

PSALMS 34:5 (AFR83)

Ek het die Here aangeroep en Hy het my geantwoord, Hy het my gered uit alle doodsgevare.

PSALMS 4:5 (AFR83)

As jy ontsteld raak, moenie sondig nie; dink in stilte daaroor na as jy gaan lê, en laat dit daarby! Sela

PSALMS 5:4 (AFR83)

U luister na my stem in die môre, Here, in die môre terwyl ek voor U verskyn en op U wag.

PSALMS 55:22 (AFR83)

Sy tong is gladder as botter, maar daar is oorlog in sy hart; sy woorde is so strelend soos olie, maar hulle is swaarde wat reg is om te steek.

PSALMS 139:24 (AFR83)

Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad!

PSALMS 139:23 (AFR83)

Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak.

PSALMS 27:14 (AFR83)

Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!

PSALMS 51:12 (AFR83)

Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig.

PSALMS 139:14 (AFR83)

Ek wil U loof, want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker:

PSALMS 37:4 (AFR83)

Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.

PSALMS 1:2 (AFR83)

maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink.

PSALMS 37:5 (AFR83)

Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.

PSALMS 27:4 (AFR83)

Net een ding het ek van die Here gevra en dit sal ek najaag: dat ek my hele lewe lank in sy huis mag woon om sy goedheid te belewe en daaroor na te dink in sy tempel.

PSALMS 91:2 (AFR83)

hy sê vir die Here: “U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.”

PSALMS 1:1 (AFR83)

Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie,

PSALMS 46:10 (AFR83)

die oorloë oor die hele aarde laat Hy ophou, pyle en boë verbreek Hy, spiese slaan Hy stukkend, oorlogswaens verbrand Hy met vuur.

PSALMS 91:1 (AFR83)

Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet,

PSALMS 51:10 (AFR83)

Laat my weer blydskap en vreugde belewe. U het my verbrysel; laat my weer jubel.

PSALMS 23:4 (AFR83)

Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig.

PSALMS 23:3 (AFR83)

Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid