Soekresultate vir: Markus 4:35-41

MARKUS 4:35 (AFR83)

Laat daardie middag sê Jesus vir sy dissipels: “Kom ons vaar oorkant toe.”

MARKUS 4:36 (AFR83)

Hulle het toe die mense wat daar was, daar laat bly en Hom saamgeneem in die skuit waarin Hy gesit het. Daar was ook nog ander skuite by.

MARKUS 4:37 (AFR83)

Skielik het daar 'n groot storm losgebars, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat die skuit al begin vol word het.

MARKUS 4:38 (AFR83)

Jesus het op die bank in die agterstewe gelê en slaap. Hulle maak Hom toe wakker en sê vir Hom: “Meneer, gee U dan nie om dat ons vergaan nie?”

MARKUS 4:39 (AFR83)

Toe staan Hy op, bestraf die wind en sê vir die see: “Hou op! Bedaar!” Die wind het gaan lê en daar het 'n groot stilte gekom.

MARKUS 4:40 (AFR83)

Toe sê Hy vir hulle: “Waarom is julle bang? Het julle dan nie geloof nie?”

MARKUS 4:41 (AFR83)

Hulle is met groot ontsag vervul en het vir mekaar gesê: “Wie kan Hy tog wees dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam?”

MARKUS 1:4 (AFR83)

Só het Johannes die Doper in die woestyn opgetree. Hy het verkondig: Bekeer julle en laat julle doop en God sal julle sondes vergewe.

MARKUS 1:6 (AFR83)

Johannes het klere van kameelhaar gedra met 'n leerband om sy heupe, en hy het van sprinkane en veldheuning gelewe.

MARKUS 1:8 (AFR83)

Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle met die Heilige Gees doop.”

MARKUS 1:26 (AFR83)

Die onrein gees het die man stuiptrekkings laat kry, hard geskreeu en toe uit hom uitgegaan.

MARKUS 1:27 (AFR83)

Almal was so verbaas dat hulle onder mekaar geredeneer en gesê het: “Wat gaan hier aan? Dit is 'n nuwe leer, en dit kom met gesag! Hy gebied selfs die onrein geeste, en hulle gehoorsaam hom.”

MARKUS 1:10 (AFR83)

Net toe Hy uit die water kom, het Hy die hemel sien oopskeur en die Gees soos 'n duif na Hom toe sien neerdaal.

MARKUS 1:12 (AFR83)

Net daarna het die Gees Hom weggevat die woestyn in,

MARKUS 1:36 (AFR83)

Simon en dié wat by hom was, het Hom egter gesoek,

MARKUS 1:44 (AFR83)

en vir hom gesê het: “Moet vir niemand iets hiervan vertel nie, maar gaan wys jou vir die priester en bring die offers vir jou reiniging wat Moses voorgeskrywe het. Dit sal vir die mense die bewys wees dat jy rein geword het.”

MARKUS 2:9 (AFR83)

Wat is makliker? Om vir die verlamde man te sê: ‘Jou sondes word vergewe’, of om te sê: ‘Staan op, vat jou draagbaar en loop’?

MARKUS 2:11 (AFR83)

“Ek sê vir jou: Staan op, vat jou draagbaar en gaan huis toe.”

MARKUS 2:13 (AFR83)

Jesus het weer na die see toe gegaan. 'n Hele menigte mense het na Hom toe gekom, en Hy het hulle geleer.

MARKUS 2:14 (AFR83)

Toe Hy by die tolhuis verbygaan, sien Hy vir Levi seun van Alfeus daar sit, en Hy sê vir hom: “Volg My!” Levi het opgestaan en Hom gevolg.

MARKUS 2:15 (AFR83)

Daarna het Jesus in Levi se huis gaan eet. Baie tollenaars en sondaars was saam met Hom en sy dissipels aan tafel, want daar was baie van hulle wat Hom gereeld gevolg het.

MARKUS 2:17 (AFR83)

Jesus het dit gehoor en Hy sê vir hulle: “Dié wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.”

MARKUS 2:18 (AFR83)

Johannes se volgelinge en die Fariseërs was besig om te vas, en die mense kom toe en vra vir Jesus: “Waarom vas die volgelinge van Johannes en die volgelinge van die Fariseërs, maar u dissipels vas nie?”

MARKUS 2:22 (AFR83)

“Niemand gooi ook nuwe wyn in ou velsakke nie, want dan laat die wyn die sakke oopbars, en die wyn sowel as die sakke gaan verlore. Nuwe wyn word in nuwe sakke gegooi.”

MARKUS 2:25 (AFR83)

Hy sê vir hulle: “Het julle nog nooit gelees wat Dawid gedoen het toe hy en sy manne nie kos gehad het nie en honger gekry het?

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid