Soekresultate vir: Jesaja 64:6

JESAJA 64:6 (AFR83)

Ons het almal geword soos mense wat onrein is, ons beste dade is soos vuil klere; ons is almal soos verdroogde blare, ons word deur ons sondes weggewaai soos deur 'n wind.

JESAJA 64:4 (AFR83)

Van ouds af het niemand so iets gehoor nie, het niemand so iets verneem nie, het geen oog 'n god gesien wat vir dié wat op hom vertrou, doen wat U doen nie.

JESAJA 64:11 (AFR83)

Ons heilige en pragtige tempel waar ons voorouers U geloof het, is deur vuur verwoes, alles wat vir ons dierbaar was, lê in puin.

JESAJA 64:1 (AFR83)

As U maar die hemel wou oopskeur en wou afkom sodat die berge voor U skud!

JESAJA 64:2 (AFR83)

Kom af soos 'n vuur wat fynhoutjies laat brand, soos 'n vuur wat water laat kook. Laat u Naam só aan u vyande bekend word, laat die nasies só voor U bewe.

JESAJA 64:3 (AFR83)

Toe U wonders gedoen het, wonders wat ons nie verwag het nie, toe U destyds afgekom het, het die berge voor U geskud.

JESAJA 64:5 (AFR83)

U kom dié te hulp wat met blydskap doen wat reg is, dié wat onthou hoe U wil hê hulle moet lewe. U was kwaad vir ons, want ons het gesondig. Ons het so lank daarmee aangehou, hoe kan ons dan nog gered word?

JESAJA 64:7 (AFR83)

Daar is niemand wat tot U om hulp roep nie, niemand wat sy krag in U soek nie. U het ons aan onsself oorgelaat, U laat ons wegkwyn deur ons sondes.

JESAJA 64:8 (AFR83)

U is ons vader, Here, ons is klei en U het ons gevorm, ons is almal die werk van u hande.

JESAJA 64:9 (AFR83)

Moet tog nie aanhou kwaad wees vir ons nie, Here, moenie ons sonde vir altyd teen ons hou nie, onthou tog ons is almal u volk.

JESAJA 64:10 (AFR83)

U heilige stad het 'n woestyn geword: Sion het 'n woestyn geword, Jerusalem is onbewoonbaar.

JESAJA 64:12 (AFR83)

Raak hierdie dinge U dan nie, Here? Gaan U nie ingryp nie? Gaan U aanhou om ons te laat ly?

JESAJA 6:5 (AFR83)

Toe het ek uitgeroep: “Dit is klaar met my! Ek is verlore! Elke woord oor my lippe is onrein, en ek woon onder 'n volk van wie elke woord onrein is. En nou het ek die Koning gesien, die Here die Almagtige.”

JESAJA 6:3 (AFR83)

Die serafs het mekaar telkens toegeroep: “Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.”

JESAJA 6:4 (AFR83)

Hulle het so hard geroep dat die deure in hulle kosyne gerammel het en die tempel vol rook geword het.

JESAJA 6:10 (AFR83)

Verder het Hy vir my gesê: “Maak hierdie volk traag van begrip, maak hulle ore doof en hulle oë blind sodat hulle nie met hulle oë sien, met hulle ore hoor, en met hulle verstand begryp en hulle hulle bekeer en genees word nie.”

JESAJA 6:7 (AFR83)

Hy het my mond aangeraak met die kool en gesê: “Noudat die gloeiende kool jou lippe aangeraak het, is jou oortredinge vergewe, jou sonde versoen.”

JESAJA 6:8 (AFR83)

Toe het ek die Here hoor vra: “Wie kan Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?” Ek het geantwoord: “Hier is ek! Stuur my!”

JESAJA 6:9 (AFR83)

Toe het die Here gesê: “Gaan sê vir hierdie volk: Julle sal hoor en hoor en tog sal julle niks verstaan nie, en kyk en kyk en tog niks sien nie.”

JESAJA 6:12 (AFR83)

totdat Ek, die Here, die mense ver weggevoer het, en die land heeltemal verlate is.

JESAJA 6:1 (AFR83)

In die jaar van koning Ussia se dood het ek die Here gesien. Hy het op 'n baie hoë troon gesit, en die onderste van sy kleed het die tempel gevul.

JESAJA 6:11 (AFR83)

Toe vra ek: “Tot wanneer, Here?” En Hy het geantwoord: “Totdat die stede verwoes en sonder inwoners is, totdat die huise verlate is en die land in 'n puinhoop omskep is,

JESAJA 6:13 (AFR83)

Selfs al is daar net 'n tiende oor, sal die land nog verder verwoes word. “Maar soos van 'n akkerboom of 'n terpentynboom 'n stomp bly staan wanneer dit afgekap word, so sal daar vir die land 'n stomp oorbly: die gewyde geslag.”

JESAJA 6:2 (AFR83)

By Hom was daar serafs om Hom te dien. Elkeen het ses vlerke gehad: met twee het hy sy gesig bedek, met twee sy voete en met twee het hy gevlieg.

JESAJA 6:6 (AFR83)

Een van die serafs het toe 'n gloeiende kool met 'n tang van die altaar af gevat en na my toe gevlieg.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid