Soekresultate vir: Hooglied 6:3

HOOGLIED 6:3 (AFR83)

Ek behoort aan die man wat ek liefhet, en die man wat ek liefhet, is myne, hy wat sy skape tussen die lelies laat wei.”

HOOGLIED 6:5 (AFR83)

Draai jou oë liewer weg van my af, hulle maak my onrustig. Jou hare is soos 'n trop bokke wat teen die Gileadberge afkom.

HOOGLIED 6:11 (AFR83)

“Ek gaan af na die neuteboord toe, ek gaan kyk na die jong boompies by die spruit, ek gaan kyk hoe die wingerde bot, hoe die granaatbome bloei.

HOOGLIED 6:4 (AFR83)

“My liefling, jy is so mooi soos Tirsa, so aantreklik soos Jerusalem, so indrukwekkend soos 'n afdeling vaandeldraers.

HOOGLIED 6:6 (AFR83)

Jou tande is so wit soos 'n trop ooie wat nou net skoon gewas is, elkeen met 'n tweeling, nie een sonder 'n lam nie.

HOOGLIED 6:8 (AFR83)

“Daar is sestig koninginne, tagtig byvroue, jong vroue sonder tal,

HOOGLIED 6:10 (AFR83)

“Wie is dit wat soos die daeraad verskyn, so pragtig soos die maan, so helder soos die son, so indrukwekkend soos 'n afdeling vaandeldraers?

HOOGLIED 6:9 (AFR83)

maar sy, my duif, my volmaakte, is enig, die enigste dogter van haar ma, haar ma se oogappel. Die jongmeisies kyk na haar; hulle praat met bewondering oor haar, die koninginne en die byvroue sing haar lof.

HOOGLIED 6:1 (AFR83)

“Waarheen is die man wat jy liefhet, mooiste van al die vroue? Waarheen is die man wat jy liefhet? Ons sal hom saam met jou soek.”

HOOGLIED 6:7 (AFR83)

Die versiersels op jou voorkop is soos granaatpitte agter jou sluier.

HOOGLIED 6:13 (AFR83)

“Kom terug, kom terug, Sulammitiese vrou! Kom terug, kom terug dat ons jou kan sien!” “Wat wil julle sien aan die Sulammitiese vrou waar sy dans in die soldatekamp?”

HOOGLIED 6:12 (AFR83)

Ek ken myself nie, dit is of sy my laat ry op die strydwa van die keur van my volk.”

HOOGLIED 6:2 (AFR83)

“Die man wat ek liefhet, is af na sy tuin toe, na die kruiebeddings toe om sy skape tussen die tuine te laat wei en om lelies te pluk.

HOOGLIED 3:5 (AFR83)

Vroue van Jerusalem, ek smeek julle en ek roep die ribbokke en die takbokke in die veld tot getuie: moenie die liefde wakker maak en aanvuur voor die tyd daarvoor ryp is nie.

HOOGLIED 3:11 (AFR83)

Kom kyk na koning Salomo, vroue van Sion; hy dra die kroon waarmee sy moeder hom gekroon het op die dag van sy huwelik, die dag van sy grootste vreugde.”

HOOGLIED 3:10 (AFR83)

Die pote het hy van silwer laat maak, die leuning van goud, en die sitplek van pers wol. Die stoel se binnekant is inlegwerk, met liefde gedoen deur die vroue van Jerusalem.

HOOGLIED 3:7 (AFR83)

Kyk, sy drastoel is dié van Salomo self! Dit word begelei deur sestig soldate, van Israel se soldate,

HOOGLIED 3:8 (AFR83)

elkeen vaardig met die swaard, opgelei vir oorlog, elkeen met 'n swaard aan die sy, gereed vir die nag se gevare.

HOOGLIED 3:4 (AFR83)

Skaars was ek by hulle verby of ek het hom wat ek liefhet, gekry. Ek het hom vasgegryp en hom nie laat los nie, ek het hom na my ma se huis toe gebring, na die kamer toe waar ek gebore is.

HOOGLIED 3:9 (AFR83)

Koning Salomo het van Libanonhout vir hom 'n drastoel laat maak.

HOOGLIED 3:6 (AFR83)

“Wie is dit wat daar soos 'n rookwolk uit die woestyn uit kom, omgewe deur die geur van mirre, van wierook, van al die lekkerruik-kruie in die handel?

HOOGLIED 3:1 (AFR83)

Op my bed in die nag het ek gesoek na hom wat ek liefhet; ek het hom gesoek en hom nie gekry nie.

HOOGLIED 3:2 (AFR83)

Ek het opgestaan en in die stad rondgegaan op die strate en die pleine, en hom gesoek wat ek liefhet; ek het hom gesoek en hom nie gekry nie.

HOOGLIED 3:3 (AFR83)

Die wagte wat die stad patrolleer, het my daar gekry. Ek het gevra: ‘Het julle die man wat ek liefhet, gesien?’

HOOGLIED 2:6 (AFR83)

Sy linkerarm is onder my kop, sy regterarm omhels my.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid