Soekresultate vir: Hooglied 5:8

HOOGLIED 5:8 (AFR83)

Vroue van Jerusalem, ek smeek julle: As julle die man wat ek liefhet, raakloop, sê vir hom die liefde verteer my.”

HOOGLIED 5:15 (AFR83)

Sy bobene is soos marmerpilare wat op goue voetstukke rus. Sy voorkoms is soos dié van die Libanon, indrukwekkend soos die seders.

HOOGLIED 5:2 (AFR83)

“Ek het geslaap maar my hart het wakker gebly. Toe hoor ek die man wat ek liefhet, klop en hy sê: ‘Maak vir my oop, my beminde bruid, my duif, my volmaakte! My kop is nat van die dou, my hare is nat van die nag se klammigheid!’

HOOGLIED 5:9 (AFR83)

“Is die man wat jy liefhet, dan anders as ander, mooiste van al die vroue? Is die man wat jy liefhet, dan anders as ander dat jy ons so smeek?”

HOOGLIED 5:12 (AFR83)

Sy oë is soos die duiwe langs die spruite, duiwe wat lyk of hulle in melk gewas is waar hulle langs die water sit.

HOOGLIED 5:14 (AFR83)

Sy hande is soos stawe goud, met edelstene ingelê. Sy lyf is soos 'n blok ivoor, met saffiere ingelê.

HOOGLIED 5:13 (AFR83)

Sy wange is soos die kruiebeddings waar lekkerruik-kruie groei. Sy lippe is soos lelies, hulle drup van mirre.

HOOGLIED 5:11 (AFR83)

Sy voorkop is soos suiwer goud, sy haarlokke soos dadeltrosse, so swart soos 'n kraai.

HOOGLIED 5:1 (AFR83)

“Ek het na my tuin toe gekom, my beminde bruid, ek pluk my mirre, my lekkerruik-kruie, ek eet my lekker vars heuning, ek drink my wyn en my melk. “Eet, vriende, drink, word dronk van die liefde.”

HOOGLIED 5:10 (AFR83)

“Die man wat ek liefhet, is blakend gesond en blosend van kleur; jy kan hom uitken tussen tien duisend ander.

HOOGLIED 5:16 (AFR83)

Sy mond smaak soet, alles aan hom is begeerlik. So lyk die man wat ek liefhet, so lyk my lewensmaat, vroue van Jerusalem.”

HOOGLIED 5:4 (AFR83)

“Maar die man wat ek liefhet, steek sy hand deur die opening, en my hart word onstuimig oor hom.

HOOGLIED 5:3 (AFR83)

“Toe sê ek: ‘Ek het al uitgetrek, hoekom moet ek weer aantrek? Ek het my voete al gewas, hoekom moet ek hulle weer laat vuil word?’

HOOGLIED 5:6 (AFR83)

Ek maak oop vir die man wat ek liefhet, maar die man wat ek liefhet, het omgedraai en is weg! Ek was so opgewonde toe hy gepraat het! Ek soek hom maar kry hom nie, ek roep hom maar hy antwoord nie.

HOOGLIED 5:5 (AFR83)

Ek staan op om oop te maak vir die man wat ek liefhet terwyl my hande drup van die mirre, terwyl die mirre van my vingers af afloop op die deur se knoppe.

HOOGLIED 5:7 (AFR83)

Die wagte wat die stad patrolleer, kry my, hulle slaan my, hulle maak my seer; die wagte op die mure ruk my tjalie van my af.

HOOGLIED 8:1 (AFR83)

Was jy maar my broer! Het jy ook maar aan my ma gedrink! Dan het ek jou gesoen as ek jou in die straat kry en niemand sou my daaroor kwalik geneem het nie.

HOOGLIED 8:4 (AFR83)

Ek smeek julle, vroue van Jerusalem, wat is dit dat julle die liefde wakker maak en aanvuur voordat die tyd daarvoor ryp is?”

HOOGLIED 8:11 (AFR83)

“Salomo het 'n wingerd gehad in Baäl-Hamon. Hy het die wingerd aan wagte toevertrou. Iemand sou vir die opbrengs goed elf duisend gram silwer wou gee.

HOOGLIED 8:8 (AFR83)

“Ons suster is nog klein, haar borste is nog nie ontwikkel nie. Wat kan ons vir ons suster doen die dag as hulle om haar hand begin meeding?

HOOGLIED 8:10 (AFR83)

“Ek is 'n muur, en my borste is soos torings. Daarom is ek vir die man wat ek liefhet iemand wat hom gelukkig maak.”

HOOGLIED 8:13 (AFR83)

Jy wat in die tuin woon en na wie se stem jou vriende luister, laat my jou stem hoor!”

HOOGLIED 8:2 (AFR83)

Dan het ek jou saamgevat en na my ma se huis toe gebring en het jy my daar die kuns van die liefde geleer. Dan het ek jou laat drink van my kruiewyn, van my granaatsap.

HOOGLIED 8:3 (AFR83)

“Sy linkerarm is onder my kop, sy regterarm omhels my!

HOOGLIED 8:9 (AFR83)

As sy 'n muur was, het ons op haar 'n silwertoring gebou, as sy 'n deur was, het ons haar toegemaak met sederplanke.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid