Soekresultate vir: Genesis 3:16

GENESIS 3:16 (AFR83)

Vir die vrou het die Here God gesê: “Ek sal jou baie swaar laat kry met jou swangerskappe: met pyn sal jy kinders in die wêreld bring. Na jou man sal jy hunker, en hy sal oor jou heers.”

GENESIS 16:1 (AFR83)

Sarai het nog nie vir haar man Abram 'n kind in die wêreld gebring gehad nie. Sy het 'n Egiptiese slavin met die naam Hagar gehad.

GENESIS 16:4 (AFR83)

Hy het by Hagar gaan slaap, en sy het swanger geword. Toe sy agterkom sy is swanger, het sy haar eienares geminag.

GENESIS 16:2 (AFR83)

Toe sê Sarai vir Abram: “Die Here het my nou eenmaal daarvan weerhou om kinders te kan hê. Gaan slaap by my slavin. Miskien bring sy 'n kind in die wêreld wat my eie kan word.” En Abram het saamgestem met sy vrou.

GENESIS 16:6 (AFR83)

Maar Abram sê vir Sarai: “Jou slavin staan onder jou. Doen met haar soos jy goeddink.” Sarai het haar slavin toe sleg behandel, en sy het weggeloop.

GENESIS 16:14 (AFR83)

Daarom word die fontein genoem Lagai-Roï-fontein . Die fontein is tussen Kades en Bered.

GENESIS 16:15 (AFR83)

Hagar het vir Abram 'n seun in die wêreld gebring, en Abram het sy seun wat Hagar in die wêreld gebring het, Ismael genoem.

GENESIS 16:10 (AFR83)

Verder het die Engel van die Here vir haar gesê: “Ek sal jou nageslag so baie maak dat hulle te veel sal wees om te tel.”

GENESIS 16:3 (AFR83)

Abram was al tien jaar in Kanaän toe Sarai, die vrou van Abram, self vir Hagar, haar Egiptiese slavin, gevat en vir haar man Abram as vrou gegee het.

GENESIS 16:5 (AFR83)

Toe sê Sarai vir Abram: “Jy dra die skuld vir hierdie onreg wat ek moet verduur. Ek het my slavin vir jou gegee om met haar gemeenskap te hê, en noudat sy agterkom sy is swanger, minag sy my. Mag die Here hierdie saak tussen my en jou uitwys.”

GENESIS 16:7 (AFR83)

Die Engel van die Here het vir Hagar ontmoet by 'n fontein in die woestyn, die fontein langs die pad na Sur toe,

GENESIS 16:9 (AFR83)

en die Engel van die Here sê vir haar: “Gaan terug na jou eienares toe en onderwerp jou aan haar gesag.”

GENESIS 16:12 (AFR83)

Jou seun sal 'n man wees so ontembaar soos 'n wildedonkie: hy sal teen almal wees, en almal sal teen hom wees. Hy sal in vyandskap leef met sy bloedverwante.”

GENESIS 16:16 (AFR83)

Abram was ses en tagtig toe Hagar vir Ismael vir hom in die wêreld gebring het.

GENESIS 16:11 (AFR83)

En toe sê die Engel van die Here ook nog vir haar: “Kyk, jy is swanger; jy sal 'n seun in die wêreld bring. Jy moet hom Ismael noem, want die Here het van jou swaarkry gehoor.

GENESIS 16:13 (AFR83)

Hagar het toe die Naam van die Here wat daar met haar gepraat het, aangeroep en gesê: “U is 'n God wat my sien, hier het ek Hom gesien wat my gesien het.”

GENESIS 16:8 (AFR83)

en vir haar gevra: “Hagar, slavin van Sarai, waar kom jy vandaan en waar gaan jy heen?” Toe antwoord sy: “Ek loop van my eienares Sarai af weg,”

GENESIS 3:19 (AFR83)

net deur harde werk sal jy kan eet, totdat jy terugkeer na die aarde toe, want daaruit is jy geneem. Stof is jy, en jy sal weer stof word.”

GENESIS 3:10 (AFR83)

En die mens antwoord: “Ek het U hoor wandel in die tuin en ek het bang geword, want ek is kaal. Toe het ek weggekruip.”

GENESIS 3:13 (AFR83)

Toe vra die Here God vir die vrou: “Wat het jy nou gedoen?” en sy sê: “Die slang het my mislei, en ek het geëet.”

GENESIS 3:15 (AFR83)

Ek stel vyandskap tussen jou en die vrou, tussen jou nageslag en haar nageslag. Haar nageslag sal jou kop vermorsel en jy sal hom in die hakskeen byt.”

GENESIS 3:1 (AFR83)

Die slang was listiger as al die wilde diere wat deur die Here God gemaak is en het vir die vrou gevra: “Het God werklik gesê julle mag van geen boom in die tuin eet nie?”

GENESIS 3:12 (AFR83)

Die mens het geantwoord: “Die vrou wat U my gegee het om my by te staan, sy het vir my van die boom se vrugte gegee, en ek het geëet.”

GENESIS 3:17 (AFR83)

Vir die mens het die Here God gesê: “Omdat jy na jou vrou geluister het en geëet het van die boom waarvan Ek jou verbied het om te eet, “is die aarde deur jou toedoen vervloek; met swaarkry sal jy daaruit 'n bestaan maak, jou lewe lank;

GENESIS 3:14 (AFR83)

En die Here God sê vir die slang: “Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die diere. Op jou maag sal jy seil en stof sal jy eet, jou lewe lank.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid