Soekresultate vir: Filippense 1:3

FILIPPENSE 1:3 (AFR83)

Ek dank my God elke keer as ek aan julle dink.

FILIPPENSE 3:2 (AFR83)

Pas op vir daardie dwaalleraars; pas op vir daardie mense wat kwaad stig; pas op vir daardie betekenislose besnydenis!

FILIPPENSE 3:4 (AFR83)

Tog sou ek ook op uiterlike dinge kon vertrou. As iemand meen dat hy op uiterlike dinge kan vertrou, ek nog meer:

FILIPPENSE 3:5 (AFR83)

ek is op die agste dag besny, van geboorte 'n Israeliet, uit die stam Benjamin, 'n egte Hebreër, in wetsopvatting was ek 'n Fariseër,

FILIPPENSE 3:7 (AFR83)

Maar wat eers vir my 'n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus,

FILIPPENSE 3:8 (AFR83)

ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry

FILIPPENSE 3:12 (AFR83)

Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het.

FILIPPENSE 3:21 (AFR83)

Deur die krag waarmee Hy alles aan Homself onderwerp, sal Hy ons nederige liggame verander om soos sy verheerlikte liggaam te wees.

FILIPPENSE 3:11 (AFR83)

in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood.

FILIPPENSE 3:13 (AFR83)

Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is.

FILIPPENSE 3:14 (AFR83)

Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus.

FILIPPENSE 3:3 (AFR83)

Ons het die ware besnydenis, óns wat God deur sy Gees dien, óns wat ons op Christus Jesus beroem en nie op uiterlike dinge vertrou nie.

FILIPPENSE 3:10 (AFR83)

Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood,

FILIPPENSE 3:19 (AFR83)

Die verderf is hulle einde; die maag is hulle god; hulle skande is hulle trots; hulle is aardsgesind.

FILIPPENSE 3:18 (AFR83)

Ek het dikwels vir julle gesê en tot my verdriet moet ek dit nou herhaal: Daar is baie wat as vyande van die kruis van Christus lewe.

FILIPPENSE 3:1 (AFR83)

Verder, my broers, wees bly in die Here! Om dieselfde dinge aan julle te skrywe, is vir my nie moeite nie, en vir julle gee dit sekerheid.

FILIPPENSE 3:16 (AFR83)

In elk geval, laat ons koers hou op die pad waarmee ons tot hiertoe gekom het.

FILIPPENSE 3:17 (AFR83)

Wees my navolgers, broers, en let op die mense wat lewe volgens die voorbeeld wat ons vir julle stel.

FILIPPENSE 3:6 (AFR83)

in my ywer 'n vervolger van die kerk, in onderhouding van die wet van Moses om vryspraak te kry, onberispelik.

FILIPPENSE 3:15 (AFR83)

Ons almal wat geestelik volwasse is, moet hierdie gesindheid hê. En as julle in enige opsig anders daaroor dink – God sal ook hierin aan julle die regte insig gee.

FILIPPENSE 3:20 (AFR83)

Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag.

FILIPPENSE 3:9 (AFR83)

en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat 'n mens in Hom glo.

FILIPPENSE 1:30 (AFR83)

Julle en ek het dieselfde stryd wat julle my vroeër al sien stry het en waarvan julle hoor dat ek nou nog stry.

FILIPPENSE 1:1 (AFR83)

Van Paulus en Timoteus, dienaars van Christus Jesus. Aan almal in Filippi wat deur Christus Jesus aan God behoort, met hulle ouderlinge en diakens.

FILIPPENSE 1:14 (AFR83)

Deur my boeie is die meeste broers ook in hulle vertroue op die Here gesterk, en hulle waag dit al hoe meer om die woord van God onbevrees te verkondig.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid