Soekresultate vir: 2 Korintiërs 3:2

2 KORINTIËRS 3:2 (AFR83)

Julle is self ons aanbevelingsbrief, geskryf op ons harte, vir almal om te lees en te verstaan.

2 KORINTIËRS 3:4 (AFR83)

Ons sê dit omdat ons deur Christus ten volle op God vertrou.

2 KORINTIËRS 3:11 (AFR83)

As wat aan die verbygaan was, van heerlikheid gestraal het, veel meer nog sal die blywende van heerlikheid skitter.

2 KORINTIËRS 3:10 (AFR83)

Ons kan sê dat die heerlikheid van vroeër nie te vergelyk is met die alles oortreffende heerlikheid van nou nie.

2 KORINTIËRS 3:17 (AFR83)

“Die Here” beteken hier “die Gees”, en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid.

2 KORINTIËRS 3:18 (AFR83)

Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.

2 KORINTIËRS 3:15 (AFR83)

Maar vandag nog, elke keer as die wet van Moses voorgelees word, is daar 'n sluier oor hulle verstand.

2 KORINTIËRS 3:3 (AFR83)

Dit is tog duidelik dat julle 'n brief van Christus is, deur ons diens geskrywe, nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God, nie op klip nie, maar op die harte van mense.

2 KORINTIËRS 3:8 (AFR83)

hoeveel groter sal die heerlikheid van die bediening wat deur die Gees geskied, dan nie wees nie?

2 KORINTIËRS 3:9 (AFR83)

Die bediening waardeur die mense veroordeel word, het met heerlikheid gekom, maar die bediening waardeur die mense vrygespreek word, oortref dit verreweg in heerlikheid.

2 KORINTIËRS 3:13 (AFR83)

Ons is nie soos Moses wat sy gesig met 'n sluier toegemaak het nie. Dit moes hy doen om te verhinder dat die volk van Israel sou sien dat die ligglans aan die verdwyn was.

2 KORINTIËRS 3:5 (AFR83)

Uit onsself is ons nie in staat om iets te bedink asof dit uit onsself kom nie. Ons bekwaamheid kom van God,

2 KORINTIËRS 3:7 (AFR83)

Die wet wat in letters op klip gegraveer is, het in heerlikheid gekom. Hierdie heerlikheid, wat tog gou sou verdwyn, het op die gesig van Moses so geskitter dat die Israeliete nie na hom kon bly kyk nie. As die bediening wat tot die dood lei, met soveel heerlikheid gekom het,

2 KORINTIËRS 3:16 (AFR83)

Van Moses sê die Skrif egter: “Elke keer as hy hom na die Here wend, word die sluier weggeneem.”

2 KORINTIËRS 3:6 (AFR83)

wat ons bekwaam gemaak het om bedienaars van 'n nuwe verbond te wees, nie van die letter nie, maar van die Gees. Die letter maak dood, die Gees maak lewend.

2 KORINTIËRS 3:1 (AFR83)

Begin ons weer onsself aanprys? Of het ons miskien, soos party ander mense, aanbevelingsbriewe aan julle of van julle nodig?

2 KORINTIËRS 3:14 (AFR83)

Hulle verstand was ook toe, en vandag nog bly hulle verstand met dieselfde sluier toegemaak as hulle die Ou Testament lees, maar die sluier word deur Christus weggeneem vir iemand wat in Hom glo.

2 KORINTIËRS 3:12 (AFR83)

Omdat ons hoop hierop gevestig is, tree ons met groot vrymoedigheid op.

2 KORINTIËRS 1:3 (AFR83)

Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee.

2 KORINTIËRS 1:7 (AFR83)

En wat julle betref, het ons 'n vaste verwagting: ons weet dat net soos julle saam met ons deel het aan die lyding, julle ook aan die bemoediging deel het.

2 KORINTIËRS 1:9 (AFR83)

Trouens, dit het vir ons gevoel asof die doodvonnis klaar oor ons uitgespreek is. Maar dit het gebeur, sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God wat die dooies opwek tot die lewe.

2 KORINTIËRS 1:17 (AFR83)

Was ek miskien oorhaastig toe ek hierdie plan gemaak het? Of word ek deur menslike oorwegings gelei as ek planne maak, sodat ek in een asem “ja” en “nee” sê?

2 KORINTIËRS 1:18 (AFR83)

So seker as God getrou is, ons woord aan julle was nie tegelyk “ja” en “nee” nie,

2 KORINTIËRS 1:4 (AFR83)

In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig,

2 KORINTIËRS 1:8 (AFR83)

Ons wil hê, broers, dat julle moet weet van die moeilikhede wat ons in die provinsie Asië ondervind het. Die swaar wat ons moes verduur, het ver bo ons kragte gegaan, sodat ons selfs die hoop om te bly lewe, laat vaar het.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid