Soekresultate vir: 2 Korintiërs 10:5

2 KORINTIËRS 10:5 (AFR83)

en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.

2 KORINTIËRS 10:8 (AFR83)

Al het ek my miskien 'n bietjie te veel beroem op daardie bevoegdhede wat die Here my gegee het, sal ek nie beskaamd daarvan afkom nie. Die Here het aan ons die bevoegdheid gegee om julle op te bou, nie om julle af te breek nie.

2 KORINTIËRS 10:10 (AFR83)

Daar word mos gesê: “Sy briewe is wel ernstig en streng, maar as hy self by ons is, is hy mak en beteken sy woorde niks.”

2 KORINTIËRS 10:4 (AFR83)

Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies

2 KORINTIËRS 10:12 (AFR83)

Ons waag dit natuurlik nie om ons op een lyn te stel of te vergelyk met sekere mense wat so 'n danige dunk van hulleself het nie. Hulle is dom: hulle meet hulleself aan hulle eie maatstaf en vergelyk hulleself met hulleself.

2 KORINTIËRS 10:15 (AFR83)

Deur op julle te roem, gaan ons dus nie die perke te buite nie, want dit is nie ander mense se werk waarop ons roem nie. Ons hoop dat julle geloof sal toeneem en dat ons dan onder julle nog meer sal hê om op te roem, steeds binne die perke van ons werkkring.

2 KORINTIËRS 10:3 (AFR83)

Natuurlik leef ons in 'n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie.

2 KORINTIËRS 10:13 (AFR83)

Maar wat ons betref, ons sal met ons roem nie buite die perke gaan nie. Ons bly binne die perke van die werkkring wat God aan ons toegemeet het. Julle val ook binne daardie perke.

2 KORINTIËRS 10:16 (AFR83)

Dan sal ons die evangelie ook in streke anderkant julle kan verkondig sonder om te roem op werk wat tot stand gebring is in die werkkring van iemand anders.

2 KORINTIËRS 10:9 (AFR83)

Daarom wil ek nie die skyn wek dat ek julle met my briewe probeer bang maak nie.

2 KORINTIËRS 10:2 (AFR83)

Moet my nie dwing om streng te wees as ek kom nie. Ek is seker ek kan my veroorloof om streng op te tree teenoor dié wat ons daarvan beskuldig dat ons uit menslike oorwegings handel.

2 KORINTIËRS 10:7 (AFR83)

Julle kyk net na een kant van die saak. As iemand dan so vas oortuig is dat hy aan Christus behoort, moet hy onthou: ons behoort net soos hy ook aan Christus.

2 KORINTIËRS 10:17 (AFR83)

Maar die Skrif sê: “Hy wat roem, moet in die Here roem.”

2 KORINTIËRS 10:6 (AFR83)

Ons is ook gereed om met elke ongehoorsaamheid af te reken sodra julle eie gehoorsaamheid volkome is.

2 KORINTIËRS 10:1 (AFR83)

Ek, Paulus, doen 'n persoonlike beroep op julle – ek, wat mos “gedwee” is as ek by julle is, maar “manhaftig” teenoor julle as ek van julle af weg is. In die Naam van Christus, wat nederig en vriendelik is, vra ek julle:

2 KORINTIËRS 10:14 (AFR83)

Dus het ons nie ons perke oorskry deur tot by julle te kom nie. Ons het immers vroeër al tot by julle gekom met die evangelie van Christus.

2 KORINTIËRS 10:11 (AFR83)

Die man wat so praat, moet weet dat daar geen verskil is tussen wat ons in briewe skrywe as ons van julle af weg is, en wat ons doen as ons by julle is nie.

2 KORINTIËRS 10:18 (AFR83)

Die man wat die proef deurstaan het, is nie die een wat homself prys nie, maar die een wat deur die Here geprys word.

2 KORINTIËRS 5:12 (AFR83)

Ons prys onsself nie opnuut by julle aan nie. Ons gee julle juis eerder aanleiding om trots te wees op ons, sodat julle 'n antwoord kan hê vir dié wat trots is op die uiterlike en nie op die innerlike nie.

2 KORINTIËRS 5:14 (AFR83)

Die liefde van Christus dring ons, omdat ons tot die insig gekom het dat een vir almal gesterwe het, en dit beteken dat almal gesterwe het.

2 KORINTIËRS 5:19 (AFR83)

Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou.

2 KORINTIËRS 5:4 (AFR83)

Ons wat nog in die tentwoning is, sug en voel bedruk omdat ons nie van die aardse liggaam afstand wil doen nie; ons wil die hemelse bo-oor die aardse aantrek, sodat wat sterflik is, verteer kan word deur die lewe.

2 KORINTIËRS 5:8 (AFR83)

Ons is vol moed en sou liewer ons verblyf in die liggaam wil verlaat en by die Here gaan woon.

2 KORINTIËRS 5:3 (AFR83)

Ons wil nie ontklee wees en naak voor God staan nie.

2 KORINTIËRS 5:2 (AFR83)

Terwyl ons in die tentwoning leef, sug ons, want ons verlang daarna dat ons woning uit die hemel ons sal oordek.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid