Die Here het gesê: Edom, Ek maak jou 'n klein volkie onder die volke, jy sal glad nie meer gereken word nie. Jy is deur jou vermetelheid mislei, jy wat daar in die klipskeure sit, wie se woonplek hoog in die berge is, jy wat dink: wie sal my hier afkry grond toe? Al bou jy daar in die hoogte soos 'n aasvoël, al sit jy jou nes tussen die sterre, Ek sal jou daar afhaal, sê die Here. As diewe of rowers in die nag na jou toe kom, sou jy nie bly stilsit nie, al steel hulle net tot hulle genoeg het; as ander jou wingerd kom afoes, sou hulle van die druiwetrosse laat agterbly; maar jy, land van Esau, sal gefynkam word; alles wat jy weggesteek het, sal gestroop word. Al jou eie bondgenote sal jou oor jou grense jaag en jou in die steek laat. Jou eie vriende sal jou oorrompel, mense vir wie jy kos gegee het, sal vir jou strikke stel waar jy dit nie verwag nie. Dit is wat daardie dag sal gebeur, sê die Here. Ek sal die wyse mense uitroei uit Edom, Ek sal die slim mense uitroei uit die bergland van Esau. Jou dapper vegters sal bang word, Teman, al die mense sal uitgeroei word uit die bergland van Esau. Oor die moorde
Read OBADJA 1
Share
Compare All Versions: OBADJA 1:2-9
Save verses, read offline, watch teaching clips, and more!
YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy
Home
Bible
Plans
Videos