SPREUKE 30:18-19
SPREUKE 30:18-19 Bybel vir almal (ABA)
Daar is drie dinge wat vir my wonderlik is, daar is vier dinge wat ek nie verstaan nie: Dit is hoe 'n arend in die lug bly, hoe 'n slang oor 'n rots seil, hoe 'n skip op die see seil, en hoe 'n man 'n vrou probeer kry.
SPREUKE 30:18-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Drie is dit wat vir my te wonderbaar is, ja, vier wat ek nie begryp nie: die weg van die arend in die lug, die weg van 'n slang oor 'n rots, die weg van 'n skip in die hart van die see, en die weg van 'n man by 'n maagd.
SPREUKE 30:18-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar is drie dinge, nee, vier wat bo my begrip is, wat ek nie verstaan nie: hoe 'n aasvoël in die lug bly, hoe 'n slang teen 'n rots op seil, hoe 'n skip op die diepsee vaar en hoe die liefde tussen 'n man en 'n meisie werk.
SPREUKE 30:18-19 Die Boodskap (DB)
Daar is drie dinge wat net te wonderlik is om te verstaan, vier wat ek hoegenaamd nie kan begryp nie: die gemak waarmee ’n arend in die lug rondvlieg; die manier waarop ’n slang geruisloos oor ’n rots seil; die manier waarop ’n skip op die oop see ronddryf, en die liefde van ’n man vir ’n vrou.
SPREUKE 30:18-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daar is drie dinge wat vir my te verbasend is, nee, eintlik is daar vier wat ek glad nie kan verstaan nie: hoe ’n arend in die lug kan bly, hoe ’n slang teen ’n rots kan uitseil, hoe ’n skip op die see kan vaar en hoe ’n man die hart van ’n meisie wen.