OBADJA 1:14
OBADJA 1:14 Bybel vir almal (ABA)
Julle het langs die pad gestaan en wag om die mense van Juda dood te maak toe hulle gevlug het. Julle het die mense wat nog gelewe het, vir die vyande gegee, daardie dag toe dit so sleg met hulle gegaan het. Julle het verkeerd gedoen, julle moes nie dit alles gedoen het nie.
OBADJA 1:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En jy moes nie gestaan het op die kruispad om sy vlugtelinge uit te roei nie en nie sy vrygeraaktes uitgelewer het op die dag van benoudheid nie.
OBADJA 1:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
jy moes nie by die kruispaaie gaan staan het om sy vlugtelinge dood te maak nie; jy moes nie sy oorlewendes uitgelewer het die dag toe die ellende hom getref het nie.