OBADJA 1:12-13
OBADJA 1:12-13 Bybel vir almal (ABA)
Die mense van Jerusalem was familie van julle. Julle het verkeerd gedoen toe julle gestaan en kyk het hoe sleg dit met hulle gaan. Julle was bly toe die vyande die mense van Juda doodgemaak het. Julle het gestaan en lag toe hulle so swaar gekry het. Julle het in my volk se stad ingegaan toe die vyande hulle oorwin het. Julle het gestaan en kyk toe die vyande hulle oorwin het en julle het hulle goed vir julleself gevat.
OBADJA 1:12-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En tog moes jy nie met genot die dag van jou broer aanskou het nie, die dag van sy onheil, en jou nie verheug het oor die kinders van Juda op die dag van hulle ondergang nie en nie gespog het op die dag van benoudheid nie! Tog moes jy nie in die poort van my volk gekom het op die dag van hulle nood nie, moes jy ook nie met genot aanskou het sy onheil op die dag van sy nood nie en nie die hand uitgesteek het na sy rykdom op die dag van sy nood nie!
OBADJA 1:12-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jy moes jou nie daarin verlekker het dat jou broer se dag gekom het nie, die dag toe die ongeluk hom getref het; jy moes nie so bly gewees het oor wat gebeur het met die mense van Juda die dag toe hulle omgekom het nie; jy moes nie so uit die hoogte gepraat het die dag toe die ellende hulle getref het nie; jy moes nie die poorte van my volk binnegegaan het die dag toe die ramp hom getref het nie; jy moes jou nie ook verlekker het in sy ongeluk die dag toe die ramp hom getref het nie; jy moes nie sy besittings geroof het die dag toe die ramp hom getref het nie
OBADJA 1:12-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jy moes nie gestaan en toekyk het op die dag van jou broer, op die dag toe 'n ramp hom getref het nie. Jy moes nie bly gewees het oor die Judeërs op die dag van hulle ondergang nie. Jy moes nie 'n groot mond gehad het op die dag van angs nie. Jy moes nie in die poort van my volk gekom het op die dag van hulle teenspoed nie. Jy moes nie ook sy onheil staan en dophou het op die dag van sy teenspoed nie. Jy moes nie jou hande uitgesteek het na sy besittings op die dag van sy teenspoed nie.
OBADJA 1:12-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar jy moes die dag van jou broer nie gekyk het op die dag dat hy 'n vreemdeling geword het nie; en jy moes jou nie oor die kinders van Juda verheug het op die dag van hulle vernietiging nie; en jy moes nie hoogmoedig gespreek het op die dag van benoudheid nie. Jy moes nie in die poort van my volk ingegaan het op die dag van hulle onheil nie; ja, jy moes nie na hulle ellende gekyk het op die dag van hulle onheil nie, en ook nie die hande op hulle besittings opgelê het op die dag van hulle onheil nie
OBADJA 1:12-13 Die Boodskap (DB)
Jy moes nie staan en lekkerkry het die dag toe die teëspoed jou broersvolk getref het nie. Dit was nie nodig dat jy gewys het hoe bly jy is die dag toe hulle die mense van Juda doodgemaak het nie. Dit was nie reg dat jy alles oor hulle te sê gehad het die dag toe hulle benoud geraak het nie. Dit was nie reg dat jy ook in Jerusalem moes ingaan op die dag toe die ramp hom getref het nie. Jy moes nie so ingenome toegekyk het toe die ongeluk hom tref nie. Jy moes nie ook sy goed gaan staan en steel het toe die onheil oor hom gekom het nie.
OBADJA 1:12-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jy het verkeerd opgetree! Jy moes jou nie verlekker het toe hulle jou bloedverwante in ballingskap weggevoer het na verafgeleë lande nie. Jy moes nie so bly gewees het oor die ongeluk wat hulle getref het nie. Dit was nie vir jou nodig om met minagting op hulle neer te sien oor hulle ellende nie. Jy moes nie die poorte van my volk ingeval het terwyl so ’n groot ramp hulle getref het nie. Jy moes nie met genoegdoening toegekyk het terwyl hulle ondergegaan het nie. Jy moes nie hulle goed gesteel het toe so ’n ramp hulle getref het nie.