MARKUS 9:31
MARKUS 9:31 Bybel vir almal (ABA)
want Hy was besig om vir sy dissipels te leer. Hy het gesê: “God sal My, die Seun van die mens, vir die mense gee sodat hulle My kan doodmaak. Maar ná drie dae sal Ek weer lewe.”
MARKUS 9:31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want Hy het sy dissipels geleer en vir hulle gesê: Die seun van die mens word oorgelewer in die hande van die mense, en hulle sal Hom doodmaak; en nadat Hy gedood is, sal Hy die derde dag opstaan.
MARKUS 9:31 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het sy dissipels geleer en vir hulle gesê: “Die Seun van die mens word in die hande van mense oorgelewer, en hulle sal Hom doodmaak; en drie dae nadat Hy doodgemaak is, sal Hy opstaan.”
MARKUS 9:31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy was immers besig om sy dissipels te leer, en het vir hulle gesê: “Die •Seun van die Mens word in die hande van mense oorgelewer, en hulle sal Hom doodmaak, maar drie dae nadat Hy doodgemaak is, sal Hy opstaan.”
MARKUS 9:31 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want Hy het sy dissipels geleer en vir hulle gesê: Die Seun van die mens is oorgelewer in die hande van mense, en hulle sal Hom doodmaak; en nadat hy gedood is, moet hy op die derde dag opstaan.
MARKUS 9:31 Die Boodskap (DB)
Hy wou die tyd gebruik om hulle meer te vertel en te leer wat hulle moes weet. Daarom wou Hy nie gehad het dat enigiemand moes weet dat hulle daar is nie. Hy sê toe: “Die Seun van die mens gaan aan mense uitgelewer word. Hulle sal Hom doodmaak, maar na drie dae sal Hy uit die dood opstaan.”