MATTEUS 6:8
MATTEUS 6:8 Bybel vir almal (ABA)
Julle moenie soos hulle bid nie. Want julle Vader weet wat julle nodig het, Hy weet dit voordat julle dit vir Hom vra.
MATTEUS 6:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Moet dan nie soos hulle word nie, want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra.
MATTEUS 6:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moet dan nie soos hulle maak nie, want julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra.
MATTEUS 6:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Moenie soos hulle wees nie, want julle Vader weet wat julle nodig het nog voordat julle Hom vra.
MATTEUS 6:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Moet julle dan nie soos hulle wees nie, want julle Vader weet watter dinge julle nodig het voordat julle Hom vra.
MATTEUS 6:8 Die Boodskap (DB)
Moenie soos hulle maak nie. Onthou: jou Vader in die hemel weet presies wat jy nodig het. Nog voordat jy bid, weet Hy al lankal wat in jou kop aangaan.