MATTEUS 22:30
MATTEUS 22:30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Want ná die opstanding uit die dood sal daar nie meer huwelike bestaan nie. Mense sal soos engele in die hemel wees.
MATTEUS 22:30 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer die mense weer lewe, dan sal hulle nie getroud wees nie, en hulle sal nie trou nie. Hulle sal dan wees soos die engele in die hemel.
MATTEUS 22:30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want in die opstanding trou hulle nie en word ook nie in die huwelik uitgegee nie, maar is soos engele van God in die hemel.
MATTEUS 22:30 Afrikaans 1983 (AFR83)
Met die opstanding trou die mense nie meer nie, maar is hulle soos die engele in die hemel.
MATTEUS 22:30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
By die opstanding tree hulle nie in die huwelik nie en word hulle ook nie in die huwelik uitgegee nie, maar hulle is soos engele in die hemel.