LUKAS 23:46
LUKAS 23:46 Die Boodskap (DB)
Toe roep Jesus skielik baie hard uit: “My Vader, Ek is besig om te sterf. Ontvang My asseblief daar by U!” Daarna het Hy sy laaste asem uitgeblaas en gesterf.
LUKAS 23:46 Bybel vir almal (ABA)
En Jesus het hard gesê: “ Vader, Ek gee myself vir U.” Nadat Jesus dit gesê het, het Hy gesterf.
LUKAS 23:46 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Jesus het met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Vader, in u hande gee Ek my gees oor! En toe Hy dit gesê het, blaas Hy die laaste asem uit.
LUKAS 23:46 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus het hard uitgeroep: “Vader, in u hande gee Ek my gees oor.” Na hierdie woorde het Hy die laaste asem uitgeblaas.
LUKAS 23:46 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Met 'n harde stem het Jesus uitgeroep: “Vader, in u hande gee Ek my gees oor! ” Nadat Hy dit gesê het, het Hy sy asem uitgeblaas.