JOB 1:8
JOB 1:8 Bybel vir almal (ABA)
Toe vra die Here vir die Satan: “Het jy my dienaar Job gesien? Daar is niemand in die wêreld soos hy nie. Hy is 'n goeie man, hy is eerlik, hy dien My en hy doen nie verkeerd nie.”
JOB 1:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die HERE vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: 'n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad.
JOB 1:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here vra toe vir die Satan: “En my dienaar Job, het jy hom raakgesien? Sy gelyke kry jy nie op aarde nie: hy is vroom en opreg, hy dien My en vermy die kwaad.”
JOB 1:8 Die Boodskap (DB)
Die Here het toe vir die Satan gevra: “Het jy miskien vir Job raakgesien? Hy behoort aan My en doen net wat Ek hom vra om te doen. Op die hele aarde is daar nie ’n mens wat sy gelyke is nie. Hy lei ’n skoon en eerlike lewe. Hy doen ook nie verkeerde dinge nie. Hy dien My en hy bly van slegte en verkeerde goed af weg.”