HEBREËRS 12:2
HEBREËRS 12:2 Bybel vir almal (ABA)
Ons moet dit doen terwyl ons aanhou om te kyk na Jesus, want dit is Hý wat ons van die begin af laat glo het en dit is Hý wat ons tot die einde laat glo. Jesus het geweet dat Hy later weer bly sou wees, en daarom het Hy gedink die skande van die kruis maak nie saak nie. Hy het aangehou om swaar te kry totdat Hy aan die kruis gesterf het. Daarom sit Hy nou op die belangrikste plek by die troon van God.
HEBREËRS 12:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.
HEBREËRS 12:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God.
HEBREËRS 12:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
die oog gerig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, Hy wat ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig gestel is, die kruis verduur het, die skande daarvan gering geag het, en sy plek aan die regterkant van die troon van God ingeneem het.
HEBREËRS 12:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Met die oog op Jesus, die Skepper en Voleinder van ons geloof; wat vanweë die blydskap wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het, en sit aan die regterhand van die troon van God.
HEBREËRS 12:2 Die Boodskap (DB)
Laat ons maar net die wedloop hardloop deur op Jesus te konsentreer. Hy het vir ons gewys wat dit beteken om op God te vertrou en Hy sal ons tot aan die einde daarmee help, sodat ons geloof sal bly wat dit behoort te wees. Dink aan sy voorbeeld. Die skande en vernedering van die kruis was nie vir Hom te veel nie. Hy het dit alles verdra omdat Hy geweet het dat daar soveel blydskap daarna vir Hom wag. Kyk nou net, nou sit Hy op die ereplek by God in die hemel.
HEBREËRS 12:2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
ons oë vasgenael op Jesus, die Voorganger en Voleinder van ons geloofswedloop. Hy het ter wille van die blydskap wat daar voor vir Hom gewag het, die kruis verduur. Ja, Hy het Hom selfs deur die skande van die kruisdood nie laat afskrik nie. En nou sit Hy op die ereplek langs God op die troon!