HAGGAI 2:4-9
HAGGAI 2:4-9 Bybel vir almal (ABA)
Maar Ek, die Here, sê: Julle moet sterk wees. Serubbabel en Jesua en al die mense van die land, julle moet sterk wees en werk, want Ek is by julle.” Dit sê die Here wat oor alles regeer. “Toe julle weggegaan het uit Egipte, het Ek belowe dat Ek julle sal help. Ek het my belofte nie vergeet nie. Moenie bang wees nie, Ek is by julle.” Ja, die Here wat oor alles regeer, sê: “Ek sal nog een maal die hemel en die aarde, die see en die land, skud. Ek sal dit gou doen. Dan sal al die volke hulle mooi en duur goed bring en hulle sal die tempel daarmee volmaak.” Dit sê die Here wat oor alles regeer. “Al die silwer en al die goud is Myne,” sê die Here wat oor alles regeer. “Hierdie tempel sal mooier wees as die tempel wat voorheen hier was.” Dit sê die Here wat oor alles regeer. “In hierdie tempel sal dit goed gaan,” sê die Here wat oor alles regeer.
HAGGAI 2:4-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Nou dan, skep moed, Serubbábel, spreek die HERE, en skep moed, Josua, hoëpriester, seun van Jósadak, en skep moed, julle almal, volk van die land, spreek die HERE, en werk! Want Ek is met julle, spreek die HERE van die leërskare, met betrekking tot die verbond wat Ek met julle gesluit het by julle uittog uit Egipteland, en my Gees sal in julle midde bestendig bly; wees nie bevrees nie! Want so sê die HERE van die leërskare: 'n Rukkie nog, 'n kort tydjie, dan sal Ek die hemel en die aarde en die see en die droë grond laat bewe. Ek sal ook al die nasies laat bewe, sodat die skatte van al die nasies sal toevloei; en Ek sal hierdie huis met heerlikheid vervul, sê die HERE van die leërskare. Aan My behoort die silwer en aan My die goud, spreek die HERE van die leërskare. Die toekomstige heerlikheid van hierdie huis sal groter wees as die vroeëre, sê die HERE van die leërskare; en op hierdie plek sal Ek vrede gee, spreek die HERE van die leërskare.
HAGGAI 2:4-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar nou, Serubbabel, skep moed, sê die Here, en jy Jesua seun van Josadak, hoëpriester, skep moed, en julle almal, burgers van die land, skep moed, sê die Here! Begin met die werk, want Ek is by julle, sê die Here die Almagtige. My belofte wat Ek met die uittog uit Egipte aan julle gemaak het, sal Ek nakom: my Gees sal altyd by julle bly. Moenie bang wees nie! So sê die Here die Almagtige: Nog een keer, binnekort, sal Ek hemel en aarde, see en land laat bewe. Dan sal Ek al die nasies laat wakker skrik en hulle sal met hulle skatte kom en so sal Ek hierdie huis met rykdom vul, sê die Here die Almagtige. Aan My behoort al die silwer, aan My al die goud, sê die Here die Almagtige. Die roem van die tempel sal in die toekoms groter wees as in die verlede, sê die Here die Almagtige. Op hierdie plek sal Ek vrede gee, sê die Here die Almagtige.
HAGGAI 2:4-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom, hou moed, Serubbabel,’ is die uitspraak van die HERE. ‘Hou moed Josua, seun van Jehosadak en hoëpriester! Hou moed, volk van die land, is die uitspraak van die HERE. Werk, want Ek is by julle, is die uitspraak van die HERE, Heerser oor alle magte. Dit is die belofte wat Ek teenoor julle afgelê het toe julle uit Egipte getrek het: My Gees sal altyd in julle midde bly. Moenie bang wees nie.’ ” “ Die HERE, Heerser oor alle magte het immers gesê, ‘Nog een keer, binnekort, sal Ek die hemel en die aarde en die see en die droë grond laat bewe. Ek sal al die nasies laat bewe en hulle sal kom met al hulle skatte en Ek sal hierdie huis met heerlikheid vul,’ sê die HERE, Heerser oor alle magte. ‘Aan My behoort die silwer en aan My behoort die goud,’ is die uitspraak van die HERE, Heerser oor alle magte. ‘Die heerlikheid van hierdie huis sal groot wees, nog groter as tevore,’ sê die HERE, Heerser oor alle magte. ‘En op hierdie plek sal Ek vrede gee,’ is die uitspraak van die HERE, Heerser oor alle magte.”
HAGGAI 2:4-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar wees nou sterk, Serubbabel, spreek die HERE; en wees sterk, o Josua, seun van Josédek, die hoëpriester; en wees sterk, alle volke van die land, spreek die HERE, en werk; want Ek is met julle, spreek die HERE van die leërskare. Volgens die woord wat Ek met julle gesluit het toe julle uit Egipte uitgetrek het, so bly my gees in julle midde; wees nie bevrees nie. Want so sê die HERE van die leërskare: Nog een maal, dit is 'n klein tydjie, en Ek sal die hemel en die aarde en die see en die droë grond laat bewe; En Ek sal al die nasies laat skud, en die begeerte van al die nasies sal kom; en Ek sal hierdie huis met heerlikheid vul, spreek die HERE van die leërskare. Die silwer is myne en die goud is myne, spreek die HERE van die leërskare. Die heerlikheid van hierdie laaste huis sal groter wees as van die vorige, spreek die HERE van die leërskare; en op hierdie plek sal Ek vrede gee, spreek die HERE van die leërskare.
HAGGAI 2:4-9 Die Boodskap (DB)
Maar nou sê die Here vir Serubbabel dat hy en Jesua en die hele volk moed moet skep en aan die tempel moet begin werk. Die Here wat alle mag tot sy beskikking het, beloof dat hulle op sy hulp kan staatmaak. Hy sê: “Toe julle uit Egipte gevlug het, het Ek belowe dat my Gees altyd saam met julle sal wees. Daarom moet julle nie nou bang wees nie!” Die Here sê: “As die hemel, die aarde, die see en die droë grond weer op ’n keer skud en bewe, sal julle weet dat Ek by julle is. Dit sal julle daaraan herinner. Ek sal al die nasies se regerings laat ondergaan. So sal hulle kosbare skatte in die tempel beland. Ek sal hierdie huis van My ’n plek maak wat mense sal bewonder. Hulle sal aanvoel dat Ek daar is in my grootheid. Maar daar is nog iets wat julle moet weet: dit is dat al die silwer en die goud op aarde in elk geval Myne is. Mense sal in die toekoms hierdie tempel wat nuut gebou is, nog meer bewonder as die oorspronklike een. In hierdie land waar my huis staan, sal my volk vrede en voorspoed geniet. Ek sal daarvoor sorg!”
HAGGAI 2:4-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maar skep moed, Serubbabel, skep moed, Jesua, seun van Josadak, die hoëpriester, sê die HERE. Ook al die mense wat nog in die land oor is, moet moed skep, sê die HERE. Skep moed en doen die werk, want Ek is by julle, sê die HERE, die Almagtige. My Gees sal by julle bly soos Ek julle belowe het toe julle uit Egipte getrek het. Julle moet glad nie bang wees nie.” Dit is wat die oppermagtige HERE sê: “Binnekort gaan Ek die hemel en die aarde weer skud. Ek gaan die oseane en die droë grond skud. Al die volke gaan Ek ook skud. Al hierdie nasies se skatte sal na hierdie tempel toe gebring word. Ek sal hierdie plek met heerlikheid vul, sê die HERE, die Almagtige. Die silwer en die goud behoort aan My, sê die HERE, die Almagtige. Die toekomstige roem van hierdie tempel sal baie groter wees as wat dit in die verlede was, sê die HERE, die Almagtige. Ek sal in hierdie plek vrede bewerkstellig. Ek, die HERE, die Almagtige, bevestig dit!”