HAGGAI 1:1
HAGGAI 1:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
IN die tweede jaar van koning Daríus, op die eerste dag van die sesde maand, het die woord van die HERE deur die diens van die profeet Haggai gekom tot Serubbábel, die seun van Seáltiël, die goewerneur van Juda, en tot Josua, die seun van Jósadak, die hoëpriester, en gesê
HAGGAI 1:1 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het met Serubbabel en Jesua gepraat. Hy het die profeet Haggai gestuur om vir hulle 'n boodskap te bring. Dit was op die eerste dag van die sesde maand in die tweede jaar nadat Darius koning geword het. Serubbabel was die goewerneur van Juda en hy was die seun van Sealtiël. Jesua was die hoëpriester en hy was die seun van Josadak.
HAGGAI 1:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die woord van die Here het deur die profeet Haggai gekom tot Serubbabel, seun van Sealtiël en goewerneur van Juda, en tot die hoëpriester Jesua seun van Josadak. Dit was op die eerste dag van die sesde maand in die tweede regeringsjaar van koning Darius.
HAGGAI 1:1 Die Boodskap (DB)
Die Here wou ’n boodskap aan Serubbabel en Jesua stuur en daarvoor het Hy Haggai gebruik. Serubbabel was in hierdie stadium die hoof van Juda en Jesua was die hoëpriester. Serubbabel se pa se naam was Seältiel en Josadak was Jesua se pa. Dit het gebeur op 29 Augustus 520 v.C. in die tweede jaar wat Darius koning was.
HAGGAI 1:1 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Op 29 Augustus, in die tweede jaar wat Darius koning was, het die HERE die profeet Haggai gebruik om ’n boodskap aan Serubbabel en Jesua oor te dra. Serubbabel, die seun van Sealtiël, was goewerneur van Juda, en Jesua, die seun van Josadak, was die hoëpriester.