EKSODUS 5:2
EKSODUS 5:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar die farao het gesê: “Wie is die HERE, dat ek na sy stem moet luister om Israel te laat gaan? Ek ken nie die HERE nie, en Israel sal ek ook nie laat gaan nie. ”
EKSODUS 5:2 Die Boodskap (DB)
Die farao antwoord toe: “En wie is hierdie ‘Here’ altemit dat ek na Hom moet luister om Israel te laat gaan? Ek ken Hom van geen kant nie. Ek gaan Israel nie toelaat om weg te gaan nie.”
EKSODUS 5:2 Bybel vir almal (ABA)
Maar die farao het gesê: “Wie is die Here en hoekom moet ek na Hom luister? Hoekom moet ek die Israeliete laat gaan? Ek ken nie die Here nie en ek sal ook nie die Israeliete laat gaan nie.”
EKSODUS 5:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar Farao antwoord: Wie is die HERE na wie se stem ek moet luister om Israel te laat trek? Ek ken die HERE nie, en ek sal Israel ook nie laat trek nie.
EKSODUS 5:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar die farao het geantwoord: “En wie is die Here nogal dat ek na Hom sal luister om Israel te laat gaan? Ek ken die Here nie, en ek sal Israel nie laat gaan nie!”