EKSODUS 3:14
EKSODUS 3:14 Bybel vir almal (ABA)
Toe sê God vir Moses: “My Naam is: ‘Ek is wat Ek is.’ Jy moet vir die Israeliete sê: ‘Ek Is’ het my na julle toe gestuur.”
EKSODUS 3:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur.
EKSODUS 3:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sê God vir Moses: “Ek is wat Ek is. Jy moet vir die Israeliete sê: ‘Ek is’ het my na julle toe gestuur.”
EKSODUS 3:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
God sê toe vir Moses: “Ek Is Wie Ek Is.” Hy sê toe ook: “So moet jy die Israeliete antwoord, ‘Ek Is het my na julle gestuur.’ ”
EKSODUS 3:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En God het vir Moses gesê: EK IS WAT EK IS; en hy het gesê: So moet jy aan die kinders van Israel sê: EK IS, het my na jou toe gestuur.