ESTER 5:2
ESTER 5:2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die koning was bly toe hy koningin Ester daar in die voorhof sien staan. Hy het die goue septer wat in sy hand was, na haar toe uitgesteek om haar te verwelkom. Ester het nadergekom en aan die punt van die septer gevat.
ESTER 5:2 Bybel vir almal (ABA)
Toe die koning vir koningin Ester daar op die oop stuk grond sien staan, was hy dadelik vriendelik met haar. Hy het 'n goue septer in sy hand gehad, en hy het dit na haar toe uitgesteek. Sy het nader gekom en aan die punt van die septer geraak.
ESTER 5:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En net toe die koning koningin Ester in die voorhof sien staan, het sy genade in sy oë gevind; en die koning het die goue septer wat in sy hand was, na Ester uitgesteek; en Ester het nader gekom en die punt van die septer aangeraak.
ESTER 5:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe hy koningin Ester in die voorhof sien staan, het sy hom so bekoor dat hy die goue septer wat in sy hand was, na haar toe uitgesteek het. Ester het nader gekom en die punt van die septer aangeraak.
ESTER 5:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die oomblik toe hy koningin Ester in die voorhof sien staan, het sy guns gevind in sy oë. Hy het die goue septer in sy hand na haar uitgesteek. Sy het nader gegaan en die punt van die septer aangeraak.