DANIËL 7:18
DANIËL 7:18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die heilige mense van die Allerhoogste sal egter uiteindelik die koninkryk ontvang. Hulle sal regeer vir altyd en ewig.”
DANIËL 7:18 Bybel vir almal (ABA)
Maar die gewyde mense van die Hoogste God sal konings word wat altyd sal regeer, ja, ewig en altyd.’
DANIËL 7:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en die heiliges van die Allerhoogste sal die koningskap ontvang, en hulle sal die koninkryk in besit neem tot in ewigheid, ja, tot in alle ewigheid.
DANIËL 7:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar die heiliges van die Allerhoogste sal die koninklike heerskappy ontvang en dit vir altyd besit.
DANIËL 7:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
maar die •heiliges van die Allerhoogste sal die koningskap ontvang, en hulle sal die koninkryk in besit neem vir ewig en altyd.’