2 KONINGS 22:20
2 KONINGS 22:20 Bybel vir almal (ABA)
Daarom sal dit goed gaan met jou totdat Ek jou laat sterf en jy begrawe is. Jy sal nie self sien wanneer Ek dit sleg laat gaan met hierdie plek nie.” Gilkija en die ander mans het vir die koning gaan sê wat die profeet gesê het.
2 KONINGS 22:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarom, kyk, Ek sal jou by jou vaders versamel, en jy sal met vrede in jou graf versamel word, en jou oë sal al die onheil nie aansien wat Ek oor hierdie plek bring nie. En hulle het die koning antwoord gebring.
2 KONINGS 22:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarom sal Ek jou in vrede laat sterwe en in jou graf laat ingaan; jy sal niks van al die onheil wat Ek oor hierdie plek bring, self beleef nie.”
2 KONINGS 22:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Daarom, kyk, Ek gaan jou met jou voorouers verenig; jy sal in vrede in jou graf met hulle verenig word, en jou oë sal nie al die onheil sien wat Ek oor hierdie plek gaan bring nie.” ’ ” Hulle het toe aan die koning verslag gedoen.
2 KONINGS 22:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kyk daarom, Ek sal jou by jou vaders versamel, en jy sal in vrede in jou graf versamel word; en jou oë sal nie al die onheil sien wat Ek oor hierdie plek sal bring nie. En hulle het die koning weer laat weet.